Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tanya Wiers: Saak lank uitgestel oor bewysstukke
Tanya Wiers

Die verhoor van die vermeende moordenaar van Tanya Wiers (44) van Polokwane is met etlike maande in die hooggeregshof uitgestel weens ’n gesloer met forensiese bewysstukke.

Frans Maela (28), wat teregstaan weens die moord op Wiers, se verhoor sou Maandag in die hooggeregshof begin het. Dit is toe tot Woensdag uitgestel omdat die staat gewag het vir forensiese uitslae van Maela se skoensole.

Die saak is Woensdag weer eens uitgestel omdat die bewyse steeds nie beskikbaar was nie.

Wiers is op 7 Februarie 2017 meer as 21 keer met ’n skêr en ’n steakmes in haar huis in Eduanpark doodgesteek.

Sy is oorval toe sy ná 12:00 by die huis aangekom het nadat sy gaan inkopies doen het.

Haar seun, Rolf (17), het op sy ma se bebloede en halfnaakte lyk in sy jonger suster, Karla (12), se kamer afgekom.

Dit is nog nie bekend of Wiers verkrag is voordat sy vermoor is nie.

Frans Maela (28) staan tereg weens die moord op Tanya Wiers. Foto: Verskaf

Haar man, Rolf, sê hy wil weet wat presies gebeur het die dag toe sy vrou vermoor is.

“Dit spook by my waardeur Tanya moes gaan, dit spook by my,” het Rolf vroeër gesê.

Hy het die dag toe sy vermoor is in die Noord-Kaap gewerk. Die egpaar was 20 jaar getroud.

Wiers se trouring, Rolf se trouring wat sy gedra het nadat dit vir hom te klein geraak het, ’n armband met 18 diamante, ’n selfoon en ’n tabletrekenaar is gesteel.

Maela is dieselfde dag nog in hegtenis geneem. Van die gesteelde besittings is in sy besit gekry.

Wiers is op 14 Februarie begrawe en die egpaar sou drie dae later hul 21ste huweliksherdenking gevier het.

Rolf en sy drie kinders, Rolf jr., Bianca en Karla het ná die moord uit die huis getrek. Bianca het in 2017 aan die Hoërskool Pietersburg (PHS) gematrikuleer.

“My kind moes haar matriekjaar sonder haar ma klaarmaak,” sê Rolf.

Maela se verhoor sal op 10 September in die hooggeregshof in Polokwane begin.

Die kamer waar Tanya Wiers in haar huis in Polokwane vermoor is: Foto: Marietie Louw-Carstens

Meer oor:  Tanya Wiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.