Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Taximan lewenslank tronk toe ná hy passasier (14) verkrag

’n Taxibestuurder in die Oos-Kaap is lewenslange tronkstraf opgelê ná die verkragting van ’n 14 jaar oue passasier.

Mongameli Jojo (34) is Vrydag in die streekhof in Port Elizabeth gevonnis nadat hy verlede maand aan verkragting, ontvoering en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sê in ’n verklaring die slagoffer het op 16 Maart met haar sibbe, wat toe drie en vier jaar oud was, ’n taxi van hul ma se huis in Port Elizabeth na hul ouma se huis geneem.

Mongameli Jojo

“In plaas daarvan om hulle na hul ouma se huis te neem, het Jojo na ’n begraafplaas gery waar hy die jong meisie in die voertuig verkrag het, voor haar twee jong sibbe. Die klein kinders het hulpeloos gesit en huil.”

Jojo het ook die meisie se skoene gevat en gedreig om haar te skiet, hoewel hy nie ’n vuurwapen uitgehaal het nie. Daarna het hy die kinders by hul ouma se huis afgelaai.

Die staat het aangevoer dat Jojo ’n lewenslange vonnis moet ontvang en daarop gewys dat hy in 1999 op die ouderdom van 13 saam met sy vriende ’n sesjarige skoolmaat in ’n klaskamer verkrag het.

Hy is ook tot 15 jaar tronkstraf vir roof gevonnis en drie jaar vir ontvoering.

Verder is sy naam op die nasionale register van seksoortreders gevoeg.

Volgens die NVG was Jojo sedert Maart 2016 in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.