Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Taximan steek passasier glo dood oor kleingeld

’n Minibustaxibestuurder wat na bewering ’n passasier tydens ’n bakleiery oor kleingeld doodgesteek het, verskyn na verwagting Vrydag in die hof.

Die voorval het Woensdag omstreeks 19:20 by ’n vulstasie gebeur nadat die taxi met sy passasiers van Bloemfontein in Thaba Nchu aangekom het.

Volgens sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het die man sy kleingeld gevra nadat die passasiers uit die taxi geklim het.

’n Bakleiery het toe tussen hom en die 61-jarige taxibestuurder ontstaan, wat ’n mes uit sy taxi gehaal en die man in die bors gesteek het.

Die taxibestuurder, van Thaba Nchu buite Bloemfontein, het daarna self na die plaaslike polisiekantoor gery en hom oorgegee.

Polisiebeamptes is na die toneel waar hulle op die passasier afgekom het. Paramedici het die man kort daarna dood verklaar.

Die taxibestuurder sal op aanklag van moord in die landdroshof in Selosesha verskyn.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, die Vrystaatse polisiehoof, het ’n beroep op taxibestuurders en passasiers gedoen om eerder hul probleme op ’n vriendskaplike manier as deur geweld te probeer oplos.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Moord  |  Hof  |  Taxibestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.