Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tazne: Pangarker voer aan polisie het hom aangerand

Moyhdine Pangarker (54), wat Vrydag in die landdroshof in Goodwood in Kaapstad in verband met die ontvoering en moord op Tazne van Wyk verskyn het, voer aan die polisie het hom aangerand.

Sy regsverteenwoordiger het ’n lys van beserings aan die hof genoem wat Pangarker in die beweerde aanranding opgedoen het, terwyl hy in polisieaanhouding was.

Hy beweer Pangarker het beserings aan sy mond en ribbes en sukkel glo om op te staan en regop te bly.

Die propvol hofsaal het in chaos ontaard toe die landdros die saak uitgestel het. Foto: Jaco Marais
Moyhdine Pangarker

Hy het glo ook beserings aan sy linker- en regterarm en sy linkerbeen.

Hy word daarvan aangekla dat hy Tazne op 7 Februarie van ’n snoepwinkel oorkant haar ouerhuis ontvoer en vermoor het.

Die hof het in chaos ontaard toe die landdros die hof tot 17 April vir verdere ondersoek uitgestel het.

Mense het Pangarker gevloek en daarop aangedring dat hy die hemp afhaal wat oor sy kop getrek was.

"Jy is ’n n**i en ’n gemors!" is die woorde wat uit die hofgalery opgeklink het.

Tazne se ouers, Terrence Manuel en Carmen van Wyk, was ook in die hof.

Tazne se ouers, Terrence Manuel en Carmen van Wyk, was ook in die hof. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.