Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tenders: Bates van 9 in premier se kantoor bevries

Bates, wat ’n boetiekhotel, talle luukse huise en 40 voertuie insluit, ter waarde van meer as R23 miljoen rand is Dinsdag deur die nasionale vervolgingsgesag bevries.

Die eienaars van die eiendom is die nege beskuldigdes wat betrek word by tenderbedrog in een van die land se premierskantore.

Een van die huise wat as bate bevries is. Foto: NVG

Onder hulle is talle amptenare, ook die finansiële hoof in Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, se kantoor wat glo gekonkel het en bedrog gepleeg het in die uitdeel van tenders aan kontrakteurs.

Ziphathie Cibane (55), die betrokke finansiële hoof, en agt ander mense, wat Zikhalala se persoonlike assistent insluit, word aangekla dat hulle tenders vir spyseniersdienste uitgereik het sonder om die regte kanale te volg, en daar is na bewering ook nie aan die regulasies voldoen toe die tenders aan die betrokke diensverskaffers toegeken is nie.

Die beweerde bedrog beloop R24 miljoen.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het gevolglik ’n bevel aan die beslagleggingseenheid, wat aan die nasionale vervolgingsgesag verbonde is, toegestaan om bates ter waarde van R23,3 miljoen te bevries.

Die waarde van die eiendomme en ander roerende bates wat bevries is beloop meer as R23 miljoen. Foto: NVG

Dit word onder kuratorskap geplaas totdat die strafregtelike saak teen die nege, wat in die handelshof aangehoor word, afgehandel word.

Hulle is in twee sessies onderskeidelik in Julie en Oktober vanjaar in hegtenis geneem en aangekla.

Hulle is almal vrygelaat op borgtog en die saak word weer volgende jaar in April aangehoor.

Die eiendom bly in kuratorskap totdat die strafregtelike saak teen die nege beskuldigdes afgehandel is. DIe saak kom eers weer in April volgende jaar voor. Foto: NVG

Die beskuldigdes

Ziphathie Cibane (55), finansiële hoof in die premier se kantoor

Nonhlanhla Hlongwa (44), voorraadkettingbestuurder in die premier se kantoor

Nomusa Zwake (35), die premier se persoonlike assistent Sithembiso Msomi (53), ’n administratiewe beampte in die premier se kantoor

Njabulo Makhathini (34), ’n klerk in die premier se kantoor

Gugu Kheswa (51), diensverskaffer

Ashley Mervyn Ross (47), diensverskaffer

Ntombipela Majozi (63), diensverskaffer

Sybil Motaung (40), diensverskaffer



Maatskappye wat na bewering by die bedrog betrek word

Phumalanga Communications

Roren Engineering

Nto’s Catering CC

I Dot Q

Set Apart Group

Isidleke Enterprises Pty Ltd

Inala Business Consortium


Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Hof  |  Tenderbedrog  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.