Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Terrorismeklag teen Patriotic Alliance se kandidaat

Bruce Nimmerhoudt, die burgemeesterskandidaat van die Patriotic Alliance (PA) aan die Wes-Rand, is onder die terrorismewet aangekla nadat hy in hegtenis geneem is vir die aanhitsing van geweld tydens die onlangse burgerlike onrus.

Die staat het Maandag gedurende Nimmerhoudt se borgtogaansoek in die landdroshof in Roodepoort ’n aanklag bygevoeg ingevolge die terreurwet, wat beteken dat ’n bylae 5-oortreding ingevolge die Strafproseswet hom nou in die gesig staar.

’n Bylae 5-oortreding beteken dat die beskuldigde moet bewys dat dit in die belang van geregtigheid is om vrylating op borgtog toe te laat.

Die uitspraak in Nimmerhoudt se borgtogaansoek vind Vrydag plaas.

Bruce Nimmerhoudt, die burgemeesterskandidaat van die Patriotic Alliance aan die Wes-Rand, in die hof. Foto: Kayleen Morgan

Hy het glo ’n stemnota op WhatsApp versprei wat openbare geweld aanhits en mense oproep om nasionale snelweë te versper.

Nimmerhoudt het gesê dat hy betrokke was by die mobilisering van gemeenskapslede om winkels in die omgewing te beskerm omdat sy party teen die plundering gekant was.

“Ek het my openlik teen hierdie plundering en die beskadiging van infrastruktuur en winkels uitgespreek. Ons as ’n party was van die begin af heeltemal gekant teen die plundering wat plaasgevind het. Ons het selfs uiterste maatreëls gebruik om ons eie gemeenskappe te mobiliseer om die sakegebiede en winkelsentrums te beskerm,” het hy gesê.

Nimmerhoudt het ook beweer dat daar politieke inmenging met sy inhegtenisneming was.

Hy het emosioneel geraak toe hy gepraat het oor die steun wat hy van die leier van sy party, Gayton McKenzie, ontvang.

“Ek glo dat dit ’n duidelike geval van politieke sabotasie is,” het Nimmerhoudt gesê.

Meer oor:  Patriotic Alliance  |  Bruce Nimmerhoudt  |  Roodepoort  |  Geweld En Plundery  |  Hof  |  Onluste  |  Terrorisme  |  Kzn-Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.