Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Testament: ‘Hoekom huil mamma?’ vra Amor se kinders
Amor Vittone.

’n Dringende aansoek om Joost van der Westhuizen se testament geldig te laat verklaar gaan glo in die hof deur die oudrugbyheld se regsverteenwoordigers gebring word.

Die probleem met die testament is dat Van der Westhuizen dit nie geteken het nie omdat hy glo tydens die opstel daarvan nie meer ’n pen kon vashou nie weens sy siekte.

Sy vervreemde vrou, Amor Vittone, sê haar regsverteenwoordiger, Sean Hefferman, het bevestig só ’n dringende aansoek gaan gebring word.

Die meester van die hooggeregshof het geweier om Van der Westhuizen, wat bykans vier maande gelede op 6 Februarie weens motorneuronsiekte dood is, se testament te aanvaar.

’n Ondertekende testament wat Van der Westhuizen jare gelede opgestel het waarin Vittone en hul kinders die begunstigdes is, bestaan wel.

Vittone het Donderdag gesê sy het ’n reg om te weet wat met die testament aangaan omdat sy bekommerd is oor haar en haar kinders se toekoms.

“Ek moet besluit of ek die huis moet verkoop of nie,” sê sy.

Vittone kan tans nie bekostig om in hul huis te bly nie. Sy sê sy dink nie Joost wou hê hulle moet so “lelik raak” oor die testament nie en dat sy Joost se nalatenskap as die pa van haar kinders wil beskerm.

“Maar wat moet ek doen as ek geen sekerheid oor my kinders se toekoms het nie?

“Joost het ons kinders die laaste vyf jaar van sy lewe belowe dat hulle nooit bekommerd oor geld hoef te wees nie.

Hulle vra: ‘Mamma, hoekom huil jy?'
Amor Vittone

“Die laaste ding wat my kinders nou nodig het, is om uit hul omgewing gehaal te word nadat hulle hul pa verloor het.”

Vittone sê haar prokureur het deur die week verskeie e-posse aan Ferdi Hartzenberg, die regsverteenwoordiger van Joost en sy broer, Pieter, gestuur om te vra of hulle ’n dringende aansoek gaan bring.

Volgens Vittone het Hartzenberg nie op die e-posse gereageer nie.

Hartzenberg het dié aantyging ten sterkste ontken.

Hefferman het Vittone se inligting aanvanklik bevestig, maar het sowat ’n uur later laat weet dat Hartzenberg hom geantwoord het en “besig is met ’n aansoek”.

Vittone sê hulle gaan ’n teenaansoek indien.

Sy sê die kinders kom agter dat sy bekommerd oor hul finansies is.

“Hulle vra: ‘Mamma, hoekom huil jy?’ ”

Haar seun en dogter vra ook uit oor haar afsprake met die regsverteenwoordigers.

“Ek sê dan net vir hulle: ‘Ek baklei vir julle. Al wat julle moet doen, is om te bid en om geloof te hê in Jesus.’ ”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.