Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Thales se aansoek geweier, Zuma se saak kan begin

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Vrydagoggend die Franse wapenvervaardiger Thales se hersieningsaansoek dat die aanklagte van geldwassery teruggetrek word in die saak waarin hy saam met oudpres. Jacob Zuma teregstaan, met koste van die hand gewys.

Dit beteken dat Thales weer op 23 Februarie in dié hof saam met Zuma op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery sal verskyn.

Die verwagting is dat die saak, wat al jare lank sloer, uiteindelik sal kan begin.

Die bewerings teen Zuma en Thales SA sluit in dat Zuma destyds via Schabir Shaik, veroordeelde bedrieër en Zuma se eertydse finansiële raadgewer, sowat R500 000 per jaar ontvang het om Thales SA in die wapenskandaal te beskerm.

Oudpres. Jacob Zuma (links) en Christine Guerrier, verteenwoordiger van die Franse wapenvervaardiger Thales, in 2018 saam in die hooggeregshof in Durban. Die saak is later na die hooggeregshof in Pietermaritzburg oorgeplaas. Foto: Felix Dlangamandla

Die wapenskandaal-sage kom al van 1999 af toe Suid-Afrika miljarde rande se wapentuig aangekoop het.

Thales het hom verlede jaar ook tot die konstitusionele hof gewend, maar ook hier verloor.

Zuma het ’n soortgelyke aansoek teruggetrek.

Die saak is in Desember tot 23 Februarie in afwagting van die hooggeregshof se beslissing oor Thales se hersieningsaansoek uitgestel.

Zuma en Thales (wat verteenwoordig word deur Christine Guerrier) was toe met toestemming van die hof nie self teenwoordig nie.

Zuma het in 2019 in die appèlhof aangevoer dat hy verkeerdelik as die “sondebok” in die wapenskandaal voorgehou word.

PIETERMARITZBURG, SOUTH AFRICA - OCTOBER 15: Jacob
Oudpres. Jacob Zuma by die hooggeregshof in Pietermaritzburg op 15 Oktober 2019. Foto: Gallo Images

Hy het niks met die wapentransaksie van miljarde rande te doen gehad nie, beweer die oudpresident.

Zuma se verweer is dat hy destyds nie ’n regeringsposisie beklee het nie.

Hy het hom tot die appèlhof gewend nadat die hooggeregshof in Pietermaritzburg ook sy aansoek dat sy korrupsie verhoor laat vaar word, verwerp het.

In dieselfde jaar het Zuma ’n ander groot terugslag gehad toe regter Dunstan Mlambo, regterpresident van Gauteng,

in die hooggeregshof in Pretoria die bevindings van die Seriti-kommissie na die wapenskandaal tersyde gestel het.

Dié kommissie, onder leiding van regter Willie Seriti, wat in 2011 deur Zuma aangestel is, het in 2015 die

betrokkenes ondanks bewerings van grootskaalse bedrog en korrupsie grootliks kwytgeskeld.

Mlambo het in sy uitspraak gesê die kommissie het nie aan die wetlike beginsels voldoen nie.

Zuma kon dus nie meer die bevindings van die kommissie in sy korrupsieverhoor gebruik dat daar nie getuienis teen hom was nie.

PIETERMARITZBURG, SOUTH AFRICA - OCTOBER 15: Jacob
Zuma het op die dag toe sy verhoor sou begin het sy ondersteuners toegespreek. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Jacob Zuma  |  Thales  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.