Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Thales wil ‘bewyse’ sien van beweerde omkoopgeld

Uitspraak in die hersieningsaansoek van aanklagte van rampokkery teen die Franse maatskappy Thales is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg voorbehou.

Adv. Barry Roux, namens Thales, het gesê die wapenvervaardiger distansieer hom van die aanklagte van rampokkery wat oudpres. Jacob Zuma in die gesig staar.

Roux het gesê die staat het fouteer in sy besluit om Thales aan te kla oor die beweerde 783 korrupte betalings wat Schabir Shaik aan Zuma gemaak het.

Roux het aangevoer daar is geen bewyse dat Thales kennis gedra het van die beweerde omkoopgeld nie. Hy het gesê Thales word verantwoordelik gehou vir betalings wat aan Zuma gemaak is, waaraan hulle nie deel gehad het nie.

Roux het ook verwys na ’n forensiese verslag, wat in opdrag van die staat aangevra is tydens Shaik se strafregtelike verhoor.

Shaik, tans ’n vrye man, is op 2 Junie 2005 op twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog skuldig bevind. Regter Hilary Squires het in sy uitspraak van 165-bladsye bevind dat oorweldigende bewyse bestaan ??van ’n korrupte verhouding tussen Shaik en Zuma.

Shaik het twee jaar en vier maande gevangenisstraf uitgedien voordat hy in 2009 op mediese parool vrygelaat is.

Roux het Maandag aan die hof gesê daar is nie direkte bewyse wat Thales aan Zuma verbind nie.

Adv. Wim Trengrove, vir die staat, het volgehou dat die saak nie op direkte bewyse nie, maar eerder omstandigheidsgetuienis berus.

Trengrove het gesê die beweerde geldwassery het nie onmiddellik plaasgevind nie. “Dit het lank geneem vir die Franse om die geld te betaal. Dit het amper ’n jaar later gebeur.”

Hy het gesê dat fondse as “skoon geld” weggesteek word, maar dat dit op die oomblik met die oorbetaling aan Zuma omkoopgeld geword het. “Die oomblik as jy dit betaal, word dit die opbrengs van misdaad. Dit het vuil geld geword toe dit vir omkoopgeld gebruik is.”


Meer oor:  Jacob Zuma  |  Thales
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.