Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tiener vertel van vuiste voor dubbele verkragting

’n Tiener het Dinsdag tranerig in die hof vertel hoe ’n man haar in 2016 na bewering twee keer verkrag het nadat hy haar eers herhaaldelik in die gesig met sy vuiste geslaan het en haar ook gewurg het.

Die beskuldigde, Nceba Mdingi, het die meisie (16) blykbaar ook in haar gesig gebyt. Sy verhoor het Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin.

Mdingi, wat dwarsdeur die verrigtinge met sy kop onderstebo gesit het, staan tereg op twee aanklagte van verkragting. Dit volg nadat hy die meisie glo op 19 Desember 2016 in ’n beboste gebied in die Coega-omgewing verkrag het.

Nceba Mdingi, die beskuldigde, verlaat ’n winkel buite die hof gedurende middagete Maandag. Hy is uit op borgtog.Foto: Lulama Zenzile

Volgens die meisie, wat deur middel van ’n tussenganger vanuit ’n ander vertrek getuig het, het sy en haar jonger suster die dag van die voorval na haar ma se werkplek geloop om haar middagete vir haar te neem. Sy het naby die betrokke werkplek na haar vriende se huis gegaan om haar trui daar te los.

Sy sê toe sy die huis binnegaan om die trui neer te sit, het sy gehoor hoe een van die inwoners buite met die iemand praat. Dié persoon het gevra of die inwoner sy beeste gesien het.

Die meisie het getuig sy het by die hek uitgeloop en ’n kortpad deur ’n beboste gebied gevat op pad om haar vriende halfpad te kry toe sy voetstappe agter haar hoor. Dit was glo dieselfde man wat gevra het of die inwoner sy beeste gesien het. Sy sê sy het met hom gepraat, maar was bang omdat hulle alleen in die bosse was en sy hom nie vertrou het nie.

“Ek was van plan om my roete te verander en eerder die teerpad te neem omdat ek bang was, maar toe gryp hy my aan my skouer en vra waarheen gaan ek. Ek het dit reggekry om my los te ruk, maar hy het my gepootjie en ek het op my rug geval,” sê sy.

“Hy het bo-op my geklim en my verskeie kere in my gesig geslaan met sy vuis, toe skree ek en maak ’n geraas. Hy het sy ander hand gebruik om my te wurg, toe byt ek sy duim. Hy het daarna my wang gebyt. Sy sê toe hy sê sy moet haar uittrek, het sy geweier waarna hy haar met die dood gedreig en self haar onderklere uitgetrek het. Hy het haar toe blykbaar sonder ’n kondoom verkrag.

Volgens die meisie het hy haar kort daarna ’n entjie verder onder ’n boom weer sonder ’n kondoom verkrag. Die saak duur voort.

Meer oor:  Tiener  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.