Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tienermeisie wat glo leerling doodsteek, verskyn in hof

Die 16-jarige skoolmeisie van Upington in die Noord-Kaap wat na bewering ’n medeleerling in die hoof se kantoor by die Rosendal Intermediêre Skool doodgesteek het, is Dinsdag in haar ouers se sorg vrygelaat.

Die meisie het Dinsdag op aanklag van moord in die landdroshof in Upington verskyn en haar verhoor is tot 18 Februarie volgende jaar uitgestel.

Ranishia Athleen van Wyk (14)

Sy is voor haar hofverskyning in ’n plek van veiligheid aangehou waar ’n proefbeampte haar geassesseer het.

Die meisie se hofverskyning spruit uit ’n voorval verlede Woensdagoggend by die skool toe Ranishia Athleen van Wyk (14) doodgesteek is. Albei die meisies was in gr. 8 in die skool.

Netwerk24 het vroeër berig die meisies het glo die vorige dag ook stry gekry waartydens die ouer meisie glo vir Ranishia met ’n eetvurk in die gesig gesteek het.

Thelma van Wyk, familielid van Ranishia, het toe gesê die skoolhoof het die meisies ingeroep oor die vorige dag se bakleiery. Die hoof het die kantoor verlaat en Ranishia is toe in die bors gesteek. Sy is op pad na die hospitaal dood.

’n Familielid het Dinsdag gesê dit gaan onder die omstandighede goed met die familie, hoewel die skok van Ranishia se dood nou haar ma, Shirlyn-Ann, tref.

“Ons gaan aan. Dit is nog baie seer. Haar ma is baie emosioneel,” sê die familielid.

* Ranishia se begrafnis begin Saterdag om 07:00 by die familie se huis in Ysterbergstraat, Rosedale, Upington, waarna verrigtinge om 07:30 na die Rosedale-burgersentrum verskuif.

Meer oor:  Upington  |  Noord-Kaap  |  Hofverskyning  |  Misdaad  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.