Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tienerseun wat oupa glo skiet, terug by sy ma

Die 16-jarige seun wat na bewering sy 63-jarige oupa met ’n windbuks doodgeskiet het, is in sy ma se toesig vrygelaat.

Die polisie het Woensdag gesê dit gaan onder die omstandighede goed met die gesin van Dullstroom, Mpumalanga, waar die voorval gebeur het.

Die oupa is glo in die bolyf geskiet, hoewel die polisie sê dit is moeilik om te weet of die koeël hom in die nek of bors getref het.

Brig. Leonard Hlathi, ’n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die seun is Sondag in hegtenis geneem.

“Die tiener het glo ’n hewige rusie met sy oupa gehad. Hy het toe na bewering na sy oupa se kamer gegaan, ’n windbuks gaan haal en sy oupa geskiet,” sê Hlathi in ’n verklaring.

Die tiener het glo ’n hewige rusie met sy oupa gehad. Hy het toe na bewering na sy oupa se kamer gegaan, ’n windbuks gaan haal en sy oupa geskiet.

’n Lid van die publiek het die polisie en nooddienste ontbied. Paramedici het alles in hul vermoë gedoen, maar die oupa is op die toneel dood.

“Die seun is in hegtenis geneem en van moord aangekla. Die vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur,” sê Hlathi.

Die tiener, wat eers onder die sorg van proefbeamptes was, sal binnekort in die hof verskyn.

Die saak is vir verdere ondersoek na die direkteur van openbare vervolging verwys.

Ferdie Joubert, ’n wapeninstrukteur, verduidelik dat ’n mens wel iemand met ’n windbuks kan doodskiet, na gelang van die kaliber van die wapen, waar die loodkoeël die mens tref en of die wapen met ekstra gas gelaai is.

“Dit is nie meer die windbukse waarmee ons as kinders gespeel het nie. ’n Mens kry nou ’n windbuks van tot 50 kaliber en daarmee jag mense deesdae selfs grootwild,” verduidelik Joubert.

’n Mens benodig egter ’n lisensie vir enige wapen met ’n kaliber van .22 of hoër. Joubert sê die moderne .177-kaliber windbuks kon wel ook iemand se dood veroorsaak.

Hy sê ’n koeël breek maklik deur die vel, en as dat dit dan ’n aar tref, kan dit in die bloedstroom opgeneem word of selfs ’n orgaan tref.

Hy sê sommige mense laai suurstof in die wapens om die druk in die wapen te verhoog en sodoende die akkuraatheid te verbeter.

Meer oor:  Windbuks  |  Dullstroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.