Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Timol: NVG gereed vir nóg sake
Ahmed Timol Foto: Argief

Die uitspraak van die heropende geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol wys dat geregtigheid geskied in gevalle van onreg, al word die oortreders ná hul dood aanspreeklik gehou.

So het Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Donderdag gesê ná die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria dat Timol wél vermoor is.

Mfaku het gesê vyf staatsaanklaers is reeds aangestel om soortgelyke sake te ondersoek. Dit sluit in dr. Torie Pretorius, wat dié span lei.

Mfaku het gesê as ’n mens mooi na die regter se uitspraak luister, het hy gesê ander families wat glo hul geliefdes is vermoor, kan na vore kom sodat dié sake vervolg kan word en hulle berusting kan kry.

“Die regter het die Menseregtekommissie (MRK) aangemoedig om nou met die wetstoepassingsagentskappe saam te werk sodat behoorlike vervolging in sulke sake ingestel kan word. Die MRK se hulpbronne sal sulke ondersoeke baie baat.”

Hy het ook verwys na die ondersoek na die dood van Nokuthula Simelane meer as 30 jaar gelede wat heropen is. Sy is in die 1980’s ook in raaiselagtige omstandighede in polisieaanhouding dood.

Oor die Timol-uitspraak het Mfaku buite die hof gesê die NVG is tevrede en sy ondersoekers weet nou wat hulle moet ondersoek. Hoewel die NVG se ondersoek voortduur, het hy daarop gewys dat skuld uiteindelik bo redelike twyfel bewys sal moet word.

Meer oor:  Ahmed Timol  |  Apartheid  |  Moord  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.