Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tolk in ‘beesdiewe’ se saak ook vas

Die borgaansoek van die vermeende beesdief-prokureur Jan-Spruyt Steenkamp en sy vier medebeskuldigdes is Vrydag in Mpumalanga onderbreek toe die hof se tolk glo in ’n korrupsie-lokval betrap is.

Terwyl Steenkamp (32), Cornelius Johannes van der Walt (55), Lucas Magagula (35), Sibusiso Mabuse (34) en Vusi Mhlongo (34) se saak in die hof op Breyten aan die gang was, is eers die hoftolk se vrou en toe die tolk self in hegtenis geneem omdat hulle na bewering aangebied het om teen R5 000 per persoon vir die beskuldigdes borgtog te reël.

Een van die vragmotors waarop Steenkamp en sy medebeskuldigdes glo besig was om beeste te laai toe hulle vasgetrek is.

Die vrou het ’n “deposito” van R12 000 by ’n vulstasie ontvang in ’n lokval nadat die veiligheidsmaatskappy ACSU inligting oor die plan gekry het.

ACSU was ook betrokke by die gesamentlike operasie met die polisie en plaaslike boere waar Steenkamp en sy medebeskuldigdes verlede week vir die diefstal van 179 beeste aangekeer is.

ACSU het die polisie ingelig oor die tolk se beweerde borgtog-plan en saamgewerk aan die lokval. “Ons het vir die vrou R12 000 as deposito gegee wat sy vir haar man by die hof sou vat. Toe sy die geld aanvaar, is sy net daar vasgetrek. Sy het die geld toe na haar man by sy kantoor in die hof geneem, waar hy ook in hegtenis geneem is,” sê Bester Maree van ACSU.

Die tolk mag eers geïdentifiseer word nadat hy môre in die hof verskyn het. Ná die tolk se inhegtenisneming moes die hof inderhaas ’n ander tolk van Ermelo laat kom vir die vermeende veediewe se borgaansoek.

Charles Lloyd, staatsaanklaer, het gesê die tolk se inhegtenisneming hou verband met die veediefstalsaak, maar hy wou nie verdere besonderhede gee nie.

Lloyd het ’n petisie vir die hof gegee waarin 79 plaaslike boere vra dat die beskuldigdes in die veediefstalsaak nie borgtog kry nie. Die beskuldigdes ontken die aanklagte.

Meer oor:  Veediefstal  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.