Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Transito: Afgedankte ANC-man wil aansoek doen om borgtog

Errol Velile Present, ANC-werknemer wat na bewering by drie transitorooftogte betrokke was, sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Roodepoort, om borgtog aansoek doen.

Present, wat in Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, in Johannesburg gewerk het, was een van vier mense wat vroeër vandeesmaand in verband met ’n transitorooftog in Dobsonville, Soweto, in hegtenis geneem is.

Errol Velile Present Foto: Verskaf aan News24

Hulle is aangekla van gewapende roof en die besit van gekaapte voertuie.

Die beskuldigdes is op 6 en 7 Julie in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op vier gekaapte voertuie, waarvan twee vroeër hierdie maand glo in ’n rooftog buite Capitec Bank in Elias Motsoaledi-weg in Soweto gebruik is. Die Sunday Times het in 2017 berig dat die ANC-verdagte na bewering instrumenteel was in ’n korrupsieskandaal. Hy en ’n sakevennoot het glo voordeel getrek het uit die aankoop van die plaas Bekendvlei in Limpopo vir R97 miljoen – weens sy noue bande met Gugile Nkwinti, die voormalige minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Nkwinti het destyds die bewerings ontken, maar die besonderhede van die ooreenkoms het na vore gekom in ’n forensiese ondersoekverslag deur die ouditeurs, Deloitte.

Die verslag het blykbaar aanbeveel dat Nkwinti aangekla word vir moontlike korrupsie.

Meer oor:  Errol Velile Present  |  Anc  |  Misdaad  |  Rooftogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.