Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tronk wil nie sê waarom Najwa nou in Pollsmoor is

Met minder as die helfte van haar vonnis uitgedien, kan vryheid dalk nou vir Najwa Petersen, die weduwee van die vermoorde musieklegende Taliep Petersen, wink.

Najwa Petersen ten tyde van haar verhoor. Sy is altesaam 28 jaar tronkstraf opgelê.Foto: Die Burger

Petersen is in 2008 skuldig bevind aan die moord op haar man in Desember 2006.

Sy is op 12 Februarie 2009 altesame 28 jaar tronkstraf opgelê vir haar aandeel in haar man se moord. Sy moet effektief 25 jaar uitdien.

Petersen was tot ses maande gelede nog in die vrouegevangenis buite Worcester, waar sy die eerste nege jaar van haar tronkstraf uitgedien het.

Dit het egter Vrydag aan die lig gekom dat sy al meer as ses maande gelede na die Pollsmoor-gevangenis oorgeplaas is.

Die departement van Korrektiewe Dienste (DKD) wou Vrydag nie sê hoekom sy na Pollsmoor geskuif is nie.

Hulle wou ook nie vrae beantwoord of sy dalk al vir parool in aanmerking kom nie.

Rudi van Heerden, ’n DKD-woordvoerder, het gesê dat hulle gedurig gevangenes in die streek en selfs buite die streek rondskuif.

“Dit is departementele beleid. Daar is baie redes vir die skuiwe, onder meer die ontwikkeling van gevangenes, veiligheid en en oorbevolking.

“Die DKD sal nie persoonlike inligting oor Najwa en haar rehabilitasiestatus bekend maak nie. Dit is ’n saak tussen die gevangene en die paroolraad, sou hulle besluit wanneer sy in die toekoms vir parool in aanmerking kan kom.”

Taliep se broer, Igsaan Petersen, wou nie kommentaar lewer nie. Sy dogter Jaawahier Petersen het ook nie op boodskappe gereageer nie. Waleed Dirk, Petersen se broer, is ook vir kommentaar genader, maar het die telefoon doodgedruk.

Petersen het tot dusver 10 jaar van die 28 jaar uitgedien.

Dit is departementele beleid. Daar is baie redes vir die skuiwe, onder meer die ontwikkeling van gevangenes, veiligheid en en oorbevolking.

Regter Siraj Desai het in sy uitspraak gesê dat Petersen die moord op haar man haarfyn beplan het, soveel so dat sy

’n valse rooftog by hulle huis waarin sy die sogenaamde slagoffer was, laat uitvoer het om sodoende die huurmoordenaars, Abdoer Emjedi, Waheed Hassien en Jefferson Snyders, toegang tot hul huis in Athlone te gee.

Hy het gesê dat Taliep wreed in sy eie huis vermoor is.

Desai het ook gesê dat sy volhard het in haar pogings om haar man om die lewe te laat bring.

Emjedi is 24 jaar tronkstraf opgelê, Hassien 25 jaar en Snyders, wat net aan roof skuldig bevind is, sewe jaar.

Meer oor:  Pollsmoor  |  Rudi Van Heerden  |  Taliep Petersen  |  Najwa Petersen  |  Tronk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.