Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Trustees oorweeg aansoek oor Marli se kurator

Die trustees van die Van Breda-trusts het tot Vrydag om ’n kuratorsverslag oor Marli van Breda te oorweeg voor die aansoek om die tydperk van haar kuratorskap te verleng.

Adv. Louise Buikman SC is as Marli se kurator aangestel nadat sy ernstig beseer is toe haar broer Henri probeer het om haar met ’n byl te vermoor nadat hy hul ouers en oudste broer in Januarie 2015 vermoor het.

Van Breda is in Junie tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis weens dié moorde en tot 15 jaar tronkstraf vir poging tot moord op Marli.

Hy is op 20 Augustus verlof tot appèl geweier, maar nader die appèlhof nou regstreeks.

Die Van Breda-gesin op ’n vakansie.

Buikman het onlangs haar verslag oor die kuratorskap voltooi en by regter Robert Henney ingedien.

Daar is Maandag beslis die trustees moet insae in die verslag kry voordat die aansoek Vrydag aangehoor word.

Volgens Buikman is die trustees deel van die aansoek en moet die kans gegun word om die verslag te lees.

Die verslag is vertroulik en sal nie bekend gemaak word nie. Tot en met die aanhoor van die saak, sal regter James Yekiso se bevel geld.

Dit behels onder meer dat Buikman die enigste mens is wat met die media oor Marli mag praat, dat die media versigtig moet wees oor hoe hulle oor Marli berig, dat daar nie oor haar geskryf mag word en sy nie afgeneem mag word sonder Buikman se toestemming nie.

As die media oor Marli of die saak berig, moet dit versigtig hanteer word – net dít wat van openbare belang is, mag genoem word.

Marli het ernstige breinbeserings in die aanval opgedoen en ly aan ’n vorm van geheueverlies.

Buikman se kuratorskap is in Oktober 2016 verleng, al het Marli 18 geword. Sy is toestemming verleen om in die belang van Marli op te tree en haar te help met enige regskwessies en om ander “groot besluite” te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.