Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tuinier Dinsdag in hof ná moorde op Hofmeyr-egpaar

Die tuinier van die egpaar van Hofmeyr in die Oos-Kaap wat die naweek vermoor is, sal Dinsdag in verband met die moorde in die hof verskyn.

Die polisie het die 54-jarige man Saterdag in ’n woongebied naby Hofmeyr in verband met die moorde op past. Victor Smith (70) en sy vrou, Elize Kloppers-Smith (69), in hegtenis geneem.

Hofmeyr is sowat 68 km noord van Cradock.

Past. Victor Smith Foto: Verskaf

Na verneem word, het die verdagte die afgelope vier jaar vir die egpaar gewerk.

Martin Kloppers (47), Kloppers-Smith se seun uit ’n vorige huwelik, wat Saterdagoggend by sy ma-hulle wou gaan koffie drink, het op hul lyke in hul huis in Piet Retiefstraat afgekom.

Ná die gru-ontdekking het ’n geskokte Kloppers gehardloop na sy huis, wat sowat drie strate verder is, en sy vrou, Brenda, van die moorde vertel. Sy het die polisie geskakel.

Volgens die polisie is die lyke in die badkamer aangetref. Albei was vasgebind en het wonde aan hul bolywe gehad.

Die tuinier is Saterdagmiddag ondervra en later die dag in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Kol. Michelle Matroos, die provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê hy is die enigste verdagte in die saak.

Elize Kloppers-Smith Foto: Verskaf

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die plaaslike polisie en speurders vir die vinnige inhegtenisneming geloof en gesê hul optrede sal die gemeenskap se vertroue in die polisie herstel.

“Die aanval op die weerlose egpaar is wreed en gevoelloos,” het sy gesê.

Volgens haar is dit des te meer hartseer omdat die vermeende moordenaar welbekend aan die egpaar was.

Die motief vir die moorde is onduidelik omdat daar glo niks uit die huis vermis word nie. Selfs Kloppers-Smith se beursie met kontant is nie gevat nie.

Begrafnisreëlings sal na verwagting later vandeesweek getref word nadat die lykskouings afgehandel is. Familie van Pretoria sal Kloppers met die reëlings bystaan.

Die egpaar het vier jaar gelede van Kempton Park aan die Oos-Rand na Hofmeyr verhuis.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Tuinier  |  Moord  |  Hofverskyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.