Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tulbagh-moord: Beskuldigdes Junie in hooggeregshof

Die vier beskuldigdes in die moord op ’n dokter van Tulbagh sal in Junie in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.

Dr. Roelof Botha

Aiden Abels (27), Justin Adonis (30), André Gouws (30) en Desire Goeieman (18) het Donderdag in die landdroshof in Tulbagh verskyn waar die saak na die hooggeregshof oorgeplaas is. Hulle staan tereg op die moord van dr. Roelof Botha (59) op 1 Junie verlede jaar.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig die saak is vir ’n voorverhoor tot 4 Junie uitgestel. Die saak sou op 30 Maart oorgeplaas word, maar dit is weens die beskikbaarheid van ’n tolk vertraag.

Soos vroeër berig, is Botha se lyk op 1 Junie verlede jaar omstreeks 18:30 langs die Schalkenbosch-pad buite Tulbagh gekry. Hy is met ’n skerp voorwerp, vermoedelik die lem van ’n skaapskêr, doodgesteek.

Die beskuldigdes is op 2 Junie in die Chris Hani-woonbuurt in hegtenis geneem.

Botha was ’n huisdokter met sy eie praktyk. Hy was glo die betrokke dag in ’n wildkamp langs die Schalkenbosch-pad net buite die dorp waar hy gaan kleiduif skiet het. Daar is na bewering onder meer sebras in die kamp en Botha het gesien hoe honde die sebras jaag. Hy het toe glo op die honde geskiet, na sy voertuig teruggekeer en sy wapen en kleiduifmasjien in die voertuig gelaai. Hierna het hy ’n telefoonoproep gemaak en is toe oorval.

Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Meer oor:  Kaapstad  |  Dr. Roelof Botha  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.