Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Twee getuig hulle wil bank vir skade vergoed

Sy het sedert die misdrywe alles verloor. Haar hele lewe het uitmekaar geval.

“Ek het nie eers geweet waar my volgende maaltyd vandaan gaan kom nie,” het Elizabeth Christina Fourie (49) Woensdag ter strafversagting in die Bloemfonteinse streekhof getuig

Sy en Willem Johannes van Tonder (55) is vroeër skuldig bevind aan bedrog wat met die finansiering van vragmotors verband hou.

Sowat R46 miljoen was by die aanklagte betrokke in die saak wat al 10 jaar voor die hof dien. Al die misdrywe het tussen Februarie 2008 en Desember 2009 plaasgevind.

Die twee, wat albei vervoerondernemings bedryf het, is vroeër deur landdros Marina Voges op aanklagte van bedrog en ’n aanklag van deelname aan ’n patroon van bende-aktiwiteite skuldig bevind.

Luhan en Teresa MeyerFoto: Facebook

Charl Fredericks (39), ’n werknemer van Absa, is op al die aanklagte teen hom vrygespreek.

Al drie is op ’n aanklag van rampokkery vrygespreek.

Die Meyer-egpaar, Teresa en Luhan, wat saam met hulle aangekla was, is sowat ’n jaar gelede saam met hul twee kinders in ’n gesinstragedie in ’n vakansiehuisie in die Cederberg in die Wes-Kaap dood.

Fourie het by die hof om genade gepleit en ’n kans gevra om Absa te vergoed vir die skade wat sy die bank berokken het.

“Ek het berou oor wat gebeur het. Ek wil met Absa regmaak. Hoewel ek net ’n deel daarvan kan betaal, is ek bereid om dit te doen.”

Sy het verder getuig sy weet haar seuns van onderskeidelik 20 en 18 jaar oud, wat albei werkloos is, gaan baie swaarkry indien sy direkte tronkstraf opgelê sou word.

My lewe staan stil. Ek weet ek het skade aangerig en wil graag ’n kans hê om dit reg te stel.

“My gesin gaan swaarkry. Ek het nog altyd na hulle omgesien, hulle versorg. Ek is op my gelukkigste as ek by hulle is.”

Van Tonder, deesdae ’n vragmotorbestuurder, het op sy beurt getuig dat hy ook alles verloor het en bereid is om maandeliks ’n bedrag aan die bank terug te betaal.

Hy het verder getuig dat die verhoor, wat al sowat 10 jaar duur, soos ’n swaard oor sy kop hang.

“My lewe staan stil. Ek weet ek het skade aangerig en wil graag ’n kans hê om dit reg te stel.”

Hy het ook getuig dat die ma’s van sy twee kinders nie in staat sal wees om alleen vir hulle te sorg nie.

Vic de Bruyn, namens die staat, het gevra dat Fourie en Van Tonder die minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Vonnisoplegging sal in Oktober geskied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.