Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Twee gou in hof ná diefstal van geld, sigarette

Twee mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Malmesbury verskyn nadat hulle Donderdagaand weens diefstal in hegtenis geneem is.

Die twee, onderskeidelik 52 en 61 jaar oud, word daarvan beskuldig dat hulle by ’n kafee in Malmesbury ingebreek en kontant en sigarette gesteel het.

“Die polisie is omstreeks 19:35 in kennis gestel en het dadelik na die inbrekers se voertuig, ’n Toyota-afleweringsvoertuig, begin soek,” sê kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

“Dit is opgemerk op die pad na Kalbaskraal. Twee mense het uitgespring en gevlug toe hulle besef dat hulle deur die polisie gesien is.

“Een is aangekeer, maar die ander een het weggekom. Die voertuig het weggejaag en in Goodwood, Kaapstad, tot stilstand gedwing. Die bestuurder is in hegtenis geneem.

“Die polisie het op ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie beslag gelê. Die gesteelde kontant en sigarette is nog nie teruggevind nie.”

Meer oor:  Malmesbury  |  Geld  |  Sigarette  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.