Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Twee lede van Kaapse bende skuldig aan moord op getuie

Twee vermeende lede van die The Firm-bende is onder meer skuldig bevind op die moord van ’n staatsgetuie, wat ook ’n wetstoepassingsbeampte van die Kaapstad-metro was.

greg
Gregory Carelse

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag bevestig dat Ashwin Willemse en Waylin Abdullah op twee klagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie skuldig bevind is.

Hulle sal op 15 Oktober weer in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn wanneer daar getuienis ter strafverswaring gelewer sal word.

Eric Ntabazalila, NVG-streekwoordvoerder, sê in ’n verklaring Willemse en Abdullah is aangekla van die moord op die wetstoepasser Gregory David Carelse, wie ’n polisiereservis in Bishop Lavis was.

“Hy was ’n staatsgetuie in ’n verbyryaanval in Forelstraat, Valhalla Park, op 17 Oktober 2017. In dié voorval is drie bendelede doodgeskiet. Ten tyde van sy dood sou die saak in die hooggeregshof begin het.”

Ntabazalila sê die twee is ook aangekla van die moord op

Prezano Holland, lid van The Firm-bende, asook die roof, onder meer, van Carelse se vuurwapen.

Drie lede van The Firm het na bewering drie lede van ’n mededingende bende in Bishop Lavis doodgeskiet en Carelse het dit gesien en die motor agternagesit.

Carelse het toe een van die drie aanvallers in hegtenis geneem, lui die NVG se verklaring.

Volgens Ntabazalila het Carelse ’n jaar later aan sy seun gesê hy is na ’n skietvoorval in die gemeenskap ontbied en is hy toe buite sy huis doodgeskiet, met 16 skote wat op hom afgevuur is.

“Hy het die twee bendelede geken omdat hy saam met een van hulle skoolgegaan en hulle almal saam in Bishop Lavis en Valhalla Park grootgeword het. Hy kon hulle uitken, al het albei skuld ontken. Hulle het ontken dat hulle by die skietvoorval betrokke of in die gebied was.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.