Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 wat lieg oor k-woord vandag gevonnis

Die twee Klerksdorpse adjudant-offisiere in die polisie wat ’n kollega valslik daarvan beskuldig het dat sy hulle met die k-woord geskel het, word Vrydag gevonnis.

Landdros Charlotte Oosthuizen-Senekal het in Junie in die streekhof in Stilfontein bevind Chris Mphana (54) en Sedisa Tikoe (53) het gejok toe hulle op 28 Februarie 2017 in beëdigde verklarings beweer het hul afdelingshoof het hulle met die k-woord geskel.

Lt.kol. Amanda Oosthuizen was in daardie stadium hoof van die polisie in Klerksdorp se menslike hulpbron-afdeling.

Renate Barnard (links) van die Solidariteit-beweging en lt.kol. Annemarie Oosthuizen. Foto: Susan Cilliers

Sy is ná die bewerings teen haar onskuldig bevind tydens ’n interne tugverhoor. Die getuienis van Elizabeth Sechele, ’n kollega, het ’n deurslaggewende rol hierin gespeel. Sechele, wat ook in die strafregtelike saak teen Mphana en Tikoe getuig het, het besluit om nie stil te bly nadat sy gehoor het hoe die twee saamsweer om Oosthuizen valslik te beskuldig nie.

Renate Barnard, die Solidariteit-beweging se sektorkoördineerder vir die openbare sektor, wat Oosthuizen bystaan in haar saak, sê die feit dat Sechele met die waarheid vorendag gekom het, wys daar is mense “met integriteit” oor alle rasgrense heen.

Tikoe en Mphana is weens hul optrede skuldig bevind aan crimen injuria, meineed en regsverydeling. Tikoe is ook aan aanranding skuldig bevind. Dít omdat Oosthuizen fisiek erg bedreig gevoel het toe hy op 27 Februarie 2017 ’n dreigende houding in haar kantoor ingeneem, sy vinger voor haar gesig geswaai en vir haar gesê het hy en Mphana sal haar “opf*k”.

Ao. Sedisa Tikoe. Foto: Facebook

Mphana het tydens dié voorval ook aan haar gesê hy “sal haar vernietig”, wil haar nie as sy bevelvoerder hê nie en dat hy “weet hoe om van haar ontslae te raak”. Die voorval het plaasgevind nadat Oosthuizen daarop aangedring het dat Tikoe ’n verlofvorm moet invul omdat hy sonder toestemming afwesig was by die werk. Hy het later tydens ’n tugverhoor erken hy was afwesig omdat hy laat vir werk was.

Tikoe en Mphana ontken egter steeds dat hulle die genoemde uitlatings teenoor Oosthuizen in haar kantoor gemaak het, en hou vol sy het hulle met die k-woord geskel. Tikoe beweer Oosthuizen het gesê: “K*****, ek is gatvol vir jou nonsens.”

Ao. Chris Mphana in die hof. Foto: Susan Cilliers

Ao. Chris Mphana in die hof. Foto: Susan Cilliers

Landdros Oosthuizen-Senekal het egter bevind hul getuienis in die hof was nie redelik moontlik waar nie en gefabriseer, terwyl sy Oosthuizen se weergawe as betroubaar en geloofwaardig bestempel het.

Mphana en Tikoe, wat albei steeds in die polisiediens werk, beplan om te appelleer. Die staat vra dat ten minste ’n gedeelte van hul vonnis tronkstraf moet insluit, maar die verdediging vra vir huisarres. Albei is eerste oortreders met gesinne.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het vroeër gesê die polisie sal oor optrede teen die twee besluit sodra hulle gevonnis is.

Meer oor:  Chris Mphana  |  Sedisa Tikoe  |  Klerksdorp  |  Amanda Oosthuizen  |  Hof  |  K-Woord  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.