Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Twis oor lotto-geld draai in appèlhof

Of ’n WhatsApp-boodskap oor die belofte van R1 miljoen wel ’n bindende ooreenkoms uitmaak, is waarskynlik Woensdag een van die belangrikste geskille in die appèl van ’n Lotto-wenner wat nie van sy wengeld met een van sy kinders wil deel nie.

Die wenner, ’n man van Limpopo, appelleer in die appèlhof in Bloemfontein teen ’n uitspraak van die hooggeregshof in Polokwane dat daar wel in die boodskap ’n ooreenkoms van ’n skenking was – wat ook deur die ma van die 16-jarige kind aanvaar is.

Uit die uitspraak blyk dit die man (wie se naam weerhou word om sy kind se identiteit te beskerm) het in Julie 2015 R20,8 miljoen in die lotto gewen.

Hy het ses maande daarna ’n WhattsApp-boodskap aan die ma van een van sy sewe kinders gestuur: “As ek 20 miljoen kry, kan ek my kinders (elk) een miljoen gee en steeds 13 miljoen oorhê. Ek sal net by die huis kan bly en nie op en af ry net om tenders te kry nie.”

Dit het gevolg kort nadat hy juis in Januarie 2016 aan die vrou R100 000 betaal het as finale betaling van onderhoud vir dié kind.

Hoewel hy toe reeds die Lotto-geld gehad het, het hy aan die vrou gesê dat hy nie verder kan werk nie en dat R600 000 deur sy pensioenfonds aan hom uitbetaal word.

Sy het die R100 000 aanvaar.

Maar kort daarna het sy ’n eis vir R900 000 in die hooggeregshof teen hom ingestel omdat sy gemeen het die eensydige onderneming van R1 miljoen in die boodskap is afdwingbaar.

Die man het dit betwis omdat hy meen dit kan nie afgedwing word nie en is ook nooit bedoel om afdwingbaar te wees nie.

Hy het net die boodskap aan haar gestuur om van haar ontslae te raak.

Hoewel hy aanvanklik teenoor haar ontken het dat hy die geld gewen het, het sy by die vroue by haar werk gehoor hy het wel R20 miljoen gewen.

Sy het hom daaroor gekonfronteer. Hy het dit ontken. Toe bel sy hom weer daaroor en hy stuur toe die betrokke WhatsApp-boodskap aan haar.

Sy het dit verstaan as dat hy R1 miljoen tot voordeel van hul kind sal betaal. Sy het dit nie as ’n grap beskou nie, lui die uitspraak.

Van die punte waaroor die appèlhof waarskynlik ook sal beslis, is of daar wel ’n aanbod gemaak is met die bedoeling dat dit afdwingbaar is, en of die uitreiking van ’n dagvaarding gesien kan word as die aanvaarding van die aanbod.

Meer oor:  Polokwane  |  Bloemfontein  |  Lotto-Wenner  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.