Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Uber-kapers verskyn in hof

Twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle in Februarie ’n Uber-bestuurder gekaap het, het Vrydag in die landdroshof in Ntuzama naby Durban verskyn.

Die hof voer aan die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 29 jaar oud, het op 3 Februarie die bestuurder (34) in KwaMashu naby Durban gekaap.

Die polisie sê die bestuurder was 00:30 besig om ’n passasier daar te gaan aflaai. Die passasier het die bestuurder glo gevra om langs ’n groep mans te stop.

Een van dié mans het ’n geweer op hom gerig. Hulle het hom beroof en die Uber-voertuig gekaap.

Volgens die polisie het die rowers die bestuurder na ’n kitsbank gevat en hom gedwing om ’n onbekende bedrag geld te trek.

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, word glo verbind aan ander voorvalle waar Uber-bestuurders gedurende April in KwaMashu, Greenwood Park en Sydenham gekaap is.

In April is ’n Uber-bestuurder in Mitchells Plain naby Kaapstad doodgeskiet. Hy moes twee mans in Goodwood gaan oplaai. Hulle het hom in die nek geskiet en sy selfoon beroof.

Meer oor:  Kapers  |  Uber  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.