Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Uitspraak in lastereis voorbehou

Al vang die hoogste bome die meeste wind, is dit nie ’n verskoning om mense in hoë posisies te belaster nie, het adv. Kristle Peterson in die Vrystaatse hooggeregshof betoog.

Dr. Roy Jankielsohn (links), leier van die DA in die Vrystaatse wetgewer, saam met sy regspan, Marius van Rensburg van Horn en Van Rensburg-prokureurs en adv. Kristle Peterson, Woensdag in die Vrystaatse hooggeregshof. Foto: Alzane Narrain

Politici kan nie toegelaat word om ander te belaster en dan ingevolge die Wet op Vryheid van Spraak op beskerming staatmaak nie.

Dit sal alles waarvoor die land die afgelope 25 jaar van demokrasie geveg het, tot niet maak.

Sy het voor regter Johann Daffue in ’n lastereis van R1 miljoen deur dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaatse wetgewer, teen drie senior ANC-lede en die ANC-jeugliga betoog.

Daffue het uitspraak in die eis teen Thabo Meeko, ’n lid van die wetgewer en provinsiale woordvoerder van die party, Reagan Booysen, Vrystaatse sekretaris van die jeugliga, en Sello Pietersen, provinsiale woordvoerder van die liga, en die liga voorbehou.

Die eis spruit uit ’n verklaring van die jeugliga op 5 Oktober 2017 waarin na Jankielsohn as ’n rassis, ’n nar, ’n politieke “rooinek” en ’n “DA-chihuahua” verwys word. Meeko het dit op Facebook gedeel.

Adv. Ismael Semenya, SC, het namens die verweerders betoog daar moet gekyk word na die agtergrond waarteen die verklaring uitgereik is.

Die vorige dag het Jankielsohn ’n verklaring uitgereik wat daarop neerkom dat Ace Magashule, destydse Vrystaatse premier, belastingbetalersgeld gebruik het om ’n ere-doktorsgraad in Turkye te bekom.

Die opstellers van die jeugliga-verklaring wou dit regstel. Hulle sê dit lyk na ’n rassis wat terughunker na die apartheidsverlede.

“Ons gaan uit na die publiek en sê dit is ’n chihuahua wat dit gesê het,” het hy betoog.

Hy het betoog dit is “robuuste” politieke debat. Baie politici is al rassiste genoem sonder dat hulle hulle tot die howe gewend het.

“Helen Zille is in hoeveel twiets as ’n rassis uitgemaak.”

Ons is nog nie soos in Zimbabwe nie. Ek is seker dat jou keel afgesny sal word as jy daar sê Robert Mugabe is ’n nar.

Peterson het betoog: “Ons het hier met lede van ’n heersende politieke party te doen wat ’n voorbeeld oor aanvaarbare politieke debat in ons demokrasie moet stel.”

Die bewerings was ’n persoonlike aanval op Jankielsohn se eer en waardigheid.

Sy reputasie en karakter as ’n leier van ’n politieke party is geskend.

Semenya het betoog robuuste politieke debat in die land moenie gedemp word nie die vrees dat dit in lastereise kan eindig word nie.

“Ons is nog nie soos in Zimbabwe nie. Ek is seker dat jou keel afgesny sal word as jy daar sê Robert Mugabe is ’n nar.

“Hier kan ons nog die president se geslagsdele as kuns uitbeeld,” het hy betoog.

Peterson tree in opdrag van Marius van Rensburg van Horn en Van Rensburg-prokureurs vir Jankielsohn op.

Semenya en adv. Motebang Ramaili tree in opdrag van L. Tlelai van Moroka-prokureurs vir die verweerders op.

Meer oor:  Roy Jankielsohn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.