Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Uitspraak voorbehou in Fita-aansoek

’n Volbank regters van die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag uitspraak voorbehou in die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl teen ’n beslissing oor die verbod op die verkoop van tabakprodukte.

Die uitspraak sal voorlopig aanstaande week gelewer word.

Fita meen dat ’n ander hof dalk tot ’n ander gevolgtrekking sal kom met betrekking tot die verbod.

’n Volbank regters het vroeër beslis dat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, wel geldige redes het vir die verbod gedurende die inperking.

Die regters, onder leiding van Gauteng se regter-president, regter Dunstan Mlambo, het beslis Fita het nie die konteks waarin die regulasies afgevaardig is, in ag geneem nie.

Fita betwis hierdie bevinding en voer aan die appèlhof kan tot ’n ander gevolgtrekking kom.

’n Volledige berig volg later.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.