Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Uitstel in hof tydelike sege vir Bo-Kaap

Inwoners van die Bo-Kaap het Donderdag buite die hooggeregshof in Kaapstad gejuig toe hul hofstryd teen die ontwikkeling van ’n woonstelgebou uitgestel is – wat beteken Blok, die ontwikkelaar, kan nie begin bou nie.

Die saak is tot 18 Desember uitgestel. ’n Hofdatum vir argumente sal vasgestel word ná konsultasie met die regterpresident van die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Mustaque Holland, wat inwoners van die Bo-Kaap in die hof verteenwoordig, het aan News24 gesê hyskrane kan nie na die gebied gebring word tot ná die volgende hofdatum nie.

Jacky Poking, ’n inwoner van die Bo-Kaap, sê die uiteindelike doelwit is om die tydelike interdik (teen inwoners se protesoptrede) uitgegooi te kry omdat dit geen meriete het nie.

“Ek is bly die saak is uitgestel sodat ons ons dag in die hof kan kry. Blok het vroeër om ’n interdik aansoek gedoen, maar dit laat vaar, so ons het nie ons dag in die hof gekry nie. Almal is daarop geregtig om hul dag in die hof te kry,” het sy gesê.

Betogings het in November vanjaar uitgebreek toe Blok ’n hyskraan na die Bo-Kaap wou neem. Vyf mense is toe in hegtenis geneem, maar die aanklagte teen hulle is laat vaar.

Die inwoners voer aan dat die ontwikkeling die erfenisbeeld van die gebied sal skaad en dat die Kaapse munisipaliteit nie ’n openbaredeelnameproses gevolg het om die inwoners te vra hoe hulle oor die beoogde ontwikkeling voel nie.

Meer oor:  Mustaque Holland  |  Jacky Poking  |  Bo-Kaap  |  Ontwikkeling  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.