Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
US-taalbeleid: Hoogste hof verwerp aansoek oor Afrikaans

Die konstitusionele hof het Donderdag die drukgroep Gelyke Kanse se aansoek oor die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid van die hand gewys. 

Gelyke Kanse wou deur sy aansoek hê die US se 2016-taalbeleid moet ter syde gestel word sodat die 2014-taalbeleid weer geldig verklaar word.

Ingevolge die 2014-beleid geniet Afrikaans gelyke status met Engels, waar die 2016-beleid voorkeur aan Engels gee.

Studente kan wel in Afrikaans klasloop as dit redelik en prakties uitvoerbaar is.

In groot fakulteite kan klasse opgedeel word sodat sommige klasse in Afrikaans plaasvind.

Gelyke Kanse het die konstitusionele hof in Johannesburg genader nadat die hooggeregshof in Kaapstad in 2017 teen hom beslis het.

Gelyke Kanse sê die US het geen verduideliking gegee oor hoekom hy sy taalbeleid in 2016 verander het nie.

Toe daar in 2015 oor die taalbeleid gestem moet word, het studente op die land se universiteitskampusse om gelyke toegang tot tersiêre onderrig betoog.

By die US het die studentebeweging Open Stellenbosch (OS) uitgevaar teen die taalbeleid, wat volgens hom Engelse swart studente uitgesluit het.

Gelyke Kanse beskuldig die US daarvan dat hy met sy besluit onder die druk van die studentebetogings geswig het sonder om die regte van moedertaalsprekers in ag te neem.

Die US ontken dit dat hy die taalbeleid weens politieke druk of betogings verander het. Die universiteit sê hy het só besluit om meertaligheid te bevorder en dit makliker te maak vir Engelse swart studente om daar te studeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.