Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Valke-‘amptenaar’ in hof vir bedrog

’n Voormalige polisiereservis wat haar as ’n amptenaar van die Valke voorgedoen en mense uit duisende rande bedrieg het, het Vrydag op aanklag van bedrog en korrupsie in die landdroshof in die Paarl verskyn.

Die Valke se eenheid vir ernstige misdade het die 35-jarige vrou Donderdag in Goodwood aangekeer waarna sy op soortgelyke aanklagte in die landdroshof in Goodwood in Kaapstad verskyn het, sê kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder.

Die vrou is toe op borgtog vrygelaat, maar Vrydag borgtog geweier.

Nkwalase sê die verdagte het haar kennis van polisie-prosesse en -prosedures misbruik en haar as ’n senior amptenaar van die Valke voorgedoen.

Haar slagoffers het haar betaal sodat sake wat hulle by die polisie aangemeld het, “vinniger ondersoek sou word”, sê Nkwalase.

Verskeie slagoffers in die Paarl, Worcester, Robertson en Montagu het haar tussen R4 500 en R14 000 hiervoor betaal.

Die vrou sal na verwagting weer op 13 September in die hof verskyn waar sy dan om borgtog kan aansoek doen.

Sy word in die Worcester-gevangenis aangehou.

Meer oor:  Valke  |  Paarl  |  Goodwood  |  Kaapstad  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.