Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Van rol geskrap: Jiba, Mrwebi mag appelleer
Adv. Nomgcobo Jiba Foto: Argief, Cornél van Heerden

Die twee hooggeplaastes van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) wie se name op 15 September 2016 van die rol van advokate geskrap is, mag hul heil by die appèlhof gaan soek.

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag verlof toegestaan aan Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi om teen hul skrapping as advokate in die appèlhof te appelleer.

Jiba is adjunkdirekteur van openbare vervolging. Mrwebi is spesiale direkteur van openbare vervolging en hoof van die NVG se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid.

Die twee se name is in September deur twee regters van die hooggeregshof geskrap weens dié advokate se hantering van Freedom Under Law (LAW) se hofsaak oor die terugtrekking van strafregtelike klagte teen lt.genl. Richard Mdluli. Mdluli is geskorste hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid. Die klagte teen Mlduli het gespruit uit die beweerde onregmatige gebruik van geld in die geheiemdiensrekening vir hom en sy vrou se private gewin.

Jiba het in haar aansoek om appèlverlof te bekom, gesê die volbank moes haar eerder as advokaat geskors het met ’n geskikte voorwaarde om te verseker dat die “oorsaak van (haar) ongeskiktheid” verwyder word.

Lawrence Mrwebi. Foto: Argief

Mrwebi het in sy aansoek om appèlverlof te bekom, gesê dis vier jaar later en “steeds het geen verhoor plaasgevind” vir Mdluli nie, hoewel die klagte teen hom heringestel is. Mrwebi verdedig in sy hofstukke sy destydse besluit om bedrog- en korrupsieklagte teen Mdluli op 14 Desember 2011 terug te trek.

FUL het ná die destydse terugtrekking van die klagte ’n hofaansoek gebring om die klagte heringestel te kry. Regter John Murphy het daarna in die hooggeregshof in Pretoria in FUL se guns beslis. Daarna is die klagte weer teen Mdluli aanhangig gemaak.

Die Algemene Balieraad van Suid-Afrika het die hooggeregshof vroeër gevra om Jiba en Mrwebi se name van die rol van advokate te skrap.

Meer oor:  Pretoria  |  Nasionale Vervolgingsgesag  |  Rol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.