Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dros-verdagte terug in hof

Die vermeende Dros-verkragter, Nicholas Ninow (20), verskyn Dinsdag weer in die landdroshof in Pretoria.

Daar is tydens sy hofverskyning op 8 Februarie bekend gemaak dat hy nie aan enige sielkundige of psigiatriese toestand gely het wat sy vermoë kon beïnvloed om tussen reg en verkeerd te onderskei tydens die beweerde verkragting van ’n sewejarige meisie nie.

Die saak is uitgestel tot 5 Maart vir ’n hooggeregshofdatum en akte van beskuldiging teen die verdagte.

In dié stadium is die aanklagte teen Ninow dat hy die meisie in die vrouetoilet verkrag het, die dwelm Cat in sy besit gehad het en die mense wat hom wou aankeer, aangerand het deur met sy gordel na hulle te slaan.

Hy is op dieselfde dag wat die voorval op 22 September gebeur het, in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding.

nicholas Ninow
Ninow staan kop onderstebo in die beskuldigdebank met sy vorige hofverskyning. Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.