Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
VBS: 8ste beskuldigde kry borgtog van R50 000

Die agtste beskuldigde in die VBS Mutual Bank-korrupsiesaak is Maandag borgtog van R50 000 in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge, Johannesburg, toegestaan.

Luidens ’n verklaring van die nasionale vervolgingsgesag het Philip Truter, finansiële hoof van die bank, Maandag in die hof verskyn nadat hy die naweek in hegtenis geneem is. Hy kon vroeër nie die hofverrigtinge bywoon nie omdat hy positief vir die koronavirus getoets is.

As deel van sy borgtogvoorwaardes mag hy nie buite Suid-Afrika reis nie en moes hy sy paspoort ingee.

Die sewe ander beskuldigdes het reeds op 18 Junie in die hof op aanklag van onder meer roof, diefstal, bedrog en korrupsie verskyn. Hulle is op borgtog van R100 000 elk vrygelaat. Die saak is tot 8 Oktober uitgestel.

Die ander beskuldigdes is Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van VBS, Andile Ramavhunga, uitvoerende hoof, Phophi Mukhodobwane, tesourier, Paul Magula en Ernest Nesane, albei destyds verteenwoordigers van die Openbare Beleggingskorporasie in VBS se direksie, lt.genl. Phalaphala Avhashoni Ramikosi, oud- finansiële hoof van die polisie en ’n nie-uitvoerende direkteur van VBS, en Nhlanhla (Sipho) Malaba, afgedankte vennoot van die ouditfirma KPMG.

Die ander sewe beskuldigdes het vroeër in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn.

Soos vroeër berig kom die agt se inhegtenisneming ’n bietjie meer as twee jaar nadat VBS in kuratele geplaas is. VBS is ’n onderlinge bank wat meestal in Limpopo sake gedoen het. Nagenoeg R2,3 miljard het by VBS “verdwyn” en duisende bejaarde en arm mense van veral Limpopo het hul spaargeld verloor toe die bank gelikwideer moes word.

Die beskuldigdes het na bewering regstreeks of onregstreeks voordeel ter waarde van R120 miljoen hieruit getrek.

Meer oor:  Johannesburg  |  Bedrog  |  Vbs  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.