Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
VBS-bevindings teen ANC-hoë tersyde gestel

Die tersydestelling van adv. Terry Motau SC se verdoemende bevindings in die VBS Mutual Bank-skandaal teenoor ’n hooggeplaaste ANC-leier in Limpopo, stuur ’n duidelike boodskap dat die howe altyd daar sal wees om die regte van “onskuldige” mense te beskerm.

Danny Msiza, ANC-tesourier in Limpopo, het Dinsdagmiddag so gereageer kort nadat die hooggeregshof in Pretoria Motau se bevindings teen hom hersien en tersyde gestel het.

Adv. Terry Motau. Foto: City Press

“Ek voel ’n diepe gevoel van verligting. Ek is diep nederig daaroor. Die uitspraak bevestig die oppergesag van die Grondwet en die onafhanklikheid van die regbank,” het Msiza gesê.

Msiza het die bevindings teen hom in die hof betwis.

Die hof het Dinsdag bevind dat Motau se versuim om aan Msiza “prosedurele regverdigheid” te bied voordat hy sy verslag “The Great Bank Heist” uitgereik het, is “onwettig en ongrondwetlik”.

Vroeër is berig dat die ANC se besluit om Msiza en Florence Radzilani, oudburgemeester van die Vhembe-munisipaliteit, ná twee jaar weer in hul poste aan te stel nadat hulle geskors is weens Motau se bevindings, tot erge ontevredenheid in die party gelei het.

Msiza is in die verslag onder meer daarvan beskuldig dat hy munisipaliteite aangemoedig het om in VBS te belê.

• Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Danny Msiza  |  Vbs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.