Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vee-agent ‘het alles verloor’ ná strafsaak, hoor hof

“Ek het nie bedoel om mense in te loop nie, maar ná die strafsaak het ek alles verloor,” het ’n vee-agent wat boere uit R8,5 miljoen bedrieg het, in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig.

Scott Brown en Zelda Maddocks met ’n vorige verskyning in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Scott Brown (42) het Dinsdag voor regter Sharon Chesiwe getuig hy het sy huis, voertuie en inkomste verloor en moes van voor af begin.

“Ons het vir ’n lang tyd net van brood en water geleef.”

Brown, van Bloemfontein wat nou in Jeffreysbaai woon, sy vrou, Zelda Maddocks (40), en haar beslote korporasie, Zelchem Trading, is daaraan skuldig bevind dat hulle tussen Oktober 2015 en Augustus 2016 boere in die distrikte Bloemfontein, Bultfontein en Dewetsdorp ingeloop het.

“Ek is waarlik jammer oor wat ek gedoen het. Ek is jammer oor wat gebeur het. Die klaers het geld verloor, maar ons het ons hele lewe verloor,” sê Brown.

“As ek nou die geld gehad het om hulle terug te betaal, dan sou ek.”

Maddocks het ter versagting van vonnis getuig sy voel jammer vir die klaers. Hulle het geld verloor.

“Dit is vandag pynlik vir my om hier te sit en aan my seun te moet verduidelik dat Pappa moontlik in die tronk gaan sit omdat hy die regte ding probeer doen het,” het sy snikkend gesê.

Sy het gesê sy glo nie haar man het iets verkeerd gedoen nie.

Tobie Myburgh, ’n boer en een van die klaers, het ter strafverswaring getuig hy het tussen R30 miljoen en R50 miljoen se besigheid weens Brown se misdrywe verloor.

Hy moes ook 17 mense afdank en het nooit die verlies opgemaak nie.

“Dit het my geknak. Hy moet die heel swaarste vonnis moontlik kry. Sy dade het ’n reuse-effek gehad.”

Dit het my geknak. Hy moet die heel swaarste vonnis moontlik kry. Sy dade het ’n reuse-effek gehad.

Christiaan Marx, nog ’n boer en klaer, het getuig die misdrywe was emosioneel ’n groot terugslag. “Ek het geld waarvoor ek hard gewerk het net so verloor. Geregtigheid moet geskied. As iemand skuldig is, moet hy vir sy dade betaal.”

Vic de Bruyn van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid is die aanklaer.

Adriaan Janse van Rensburg van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir Brown en Maddocks op.

Kapt. Martin Barker is die ondersoekbeampte.

Vonnisoplegging duur voort.

Meer oor:  Scott Brown  |  Zelda Maddocks  |  Bloemfontein  |  Vee-Agent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.