Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vee-agent het honderde ure gedobbel

’n Vee-agent van Bloemfontein wat boere glo uit hul vee en miljoene rand geswendel het, het etlike honderde ure in ’n dobbelhuis deurgebring om homself uit die skuld te probeer dobbel, is in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig.

Scott Brown (41) het in 2015 sowat 293 uur in die Windmill-casino deurgebring en in 2016 105 uur, het Jacques Venter, bestuurder van dié casino se dobbelafdeling, in kruisondervraging getuig.

Scott Brown en Zelda Maddocks Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Brown, van Fleurdal, sy vrou, Zelda Maddocks (39), en haar beslote korporasie, Zelchem Trading, het op 47 aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery skuld voor regter Sharon Chesiwe ontken. By die aanklag is R8,6 miljoen betrokke.

Die beweerde misdade is tussen Oktober 2015 en Augustus 2016 in Bloemfontein, Bultfontein en Dewetsdorp gepleeg.

“Net omdat iemand 105 uur ’n jaar in ’n dobbelhuis deurbring, beteken nie hy het ’n dobbelprobleem nie,” het Adriaan Janse van Rensburg namens Brown aan Venter gestel.

Venter: “Dit hang af. As hy dit binne enkele dae gedoen het, is dit ’n probleem. Maar as dit oor ’n tydperk van 12 maande strek, het hy nie te veel tyd in die casino deurgebring nie.”

Venter sê Brown se rekord by die dobbelhuis toon die totale tyd wat hy per jaar in die casino was en nie die datums of tye nie.

Janse van Rensburg het dit aan hom gestel dat dié data onakkuraat is. Dit toon ook net Brown se slimkaart-aktiwiteite en nie sy kontanttransaksies nie.

“Die geld wat uit dié bedrywighede gegenereer is, het Brown by die casino se kontanttoonbank onttrek en in Zelchem Trading se bankrekening inbetaal om sy skuld by die boere te vereffen.”

Vic de Bruyn van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid is die aanklaer.

Kapt. Martin Barker is die ondersoekbeampte.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Scott Brown  |  Bloemfontein  |  Dobbel  |  Hof  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.