Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wagte sweer glo saam om kliënte te besteel of beroof

Vier veiligheidswagte van Ficksburg in die Oos-Vrystaat verskyn binnekort saam met vier makkers in die hof nadat hulle na bewering by ondernemings wat hulle moes beveilig, ingebreek het of dit probeer beroof het.

Die agt mense, onder wie ’n vrou, het reeds op 17 Januarie, twee dae nadat hulle aangekeer is, in die landdroshof in Ficksburg verskyn.

Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

Die vermeende baasbrein en veiligheidswag Motlalepula Maroba (29), Tompi Modise (34) en Paseka Maoke (26) se verhoor is tot Vrydag uitgestel.

Hulle het op ’n aanklag van poging tot roof in die hof verskyn nadat hulle na bewering in Desember verlede jaar ’n supermark probeer beroof het.

Soul Tshotetsi (40), Teboho Kheu (34), Mosa Kgathatsi (34), almal veiligheidswagte, en Mapheleba Mapheleba (30) en Motshidisi Mothobi (32) moet weer op 29 Januarie in die hof verskyn.

Dié groep word daarvan beskuldig dat hulle vroeër vandeesmaand saam met Maroba, Mothobi en Modise by ’n meubelwinkel ingebreek en R47 000 se meubels gesteel het.

Slegs Maroba en Mothobi, in wie se besit die polisie van die vermoedelik gesteelde TV-stelle gevind het, is op borgtog vrygelaat. Die ander bly in aanhouding.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in die voorval op 18 Desember het twee mans die twee veiligheidswagte by die supermark in die dorp oorval en hulle vasgebind.

Dit het egter duidelik geword dat een van die veiligheidswagte, na bewering Maroba, saam met die aanvallers gewerk het toe hy homself losgemaak en die vermeende rowers gehelp het.

Volgens Makhele kon die ander veiligheidswag egter daarin slaag om die paniekknoppie te druk, waarop die polisie vinnig gereageer het en die vermeende rowers met leë hande moes vlug.

Maroba het na bewering daarna saam met ’n ander veiligheidswag by ’n meubelwinkel saamgesweer om op 11 Januarie by dié winkel in te breek.

Die polisie het vyf dae later op die agt mense toegeslaan en van die vermoedelik gesteelde goedere in hul besit gevind.

Makhele sê die twee sake sal saamgevoeg word.

Meer oor:  Ficksburg  |  Oos-Vrystaat  |  Beroof  |  Ingebreek  |  Ondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.