Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vennoot van Ace skuldig aan bedrog

’n Reusebedrogsaak in die Vrystaat wat wentel rondom tenders wat deur dié provinsie se departement van onderwys toegeken is, het daartoe gelei dat ’n voormalige vennoot van die uitgaande premier, Ace Magashule, aan korrupsie skuldig bevind is.

Isaac “Blacky” Seoe, ’n voormalige sakevennoot van Magashule en sy oudste seun, Tshepiso Magashule, is in Februarie in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind aan korrupsie, bedrog en ander verwante misdade.

Seoe is dieselfde Vrystaatse sakeman oor wie vroeër berig is nadat hy in 2014 op kringtelevisiemateriaal gesien is waar hy die premier en ander beamptes van die Vrystaat se Ontwikkelingskorporasie (FDC) vergesel op ’n besoek aan ’n Shell-vulstasie in Phuthaditjhaba in die Vrystaat.

News24 het onlangs onthul dat Magashule se dogter dié vulstasie in ’n vreemde ooreenkoms met die FDC bekom het.

Seoe, die voormalige voorsitter van die FDC, is in 2001 van korrupsie aangekla.

Die hof het bevind dat hy Tebogo Lioma, die provinsiale onderwysdepartement se voormalige direkteur-generaal, omgekoop het sodat ’n tender vir leermateriaal in 2001 aan ’n maatskappy genaamd Mabolela Distributors toegeken is.

Isaac “Blackie” Seoe is skuldig bevind aan korrupsie en bedrog.Foto: Robsinvestment/News24n

Die hof het bevind dat Mabolela Distributors ’n skimmaatskappy is wat deur Seoe gestig is, en dit het daartoe gelei dat hy aan bedrog skuldig bevind is.

Die kontrak wat aan Mabolela toegeken is, is deel van tenders van R30 miljoen wat aan verskeie maatskappye by Lioma se departement toegeken is.

Seoe is ook weens die korrupte tenderooreenkoms aan geldwassery en rampokkery skuldig bevind. Seoe en sy 12 medebeskuldigdes sal in Mei gevonnis word.

Virginia Moseia, Seoe se vorige vrou, is ook skuldig bevind.

In 2011 het die sentrum vir ondersoekende joernalistiek, amaBhungane, berig dat Magashule se kantoor ’n regeringshuurooreenkoms met ’n maatskappy aangegaan het waarvan die premier en Seoe in ’n stadium mededirekteure was.

Seoe en Tshepiso was ook in ’n stadium mededirekteurs van ’n ander maatskappy.

Seoe wou nie kommentaar lewer nie.

“Magashule is bewus daarvan dat Seoe aan misdade skuldig bevind is, maar weet nie wat die besonderhede daarvan is nie,” het Tiisetso Makhele, Magashule se woordvoerder, by navraag gesê.

Makhele sê Magashule en Seoe het geen verhouding nie.

Meer oor:  Bedrog  |  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.