Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verdagte in hof na dwaalkoeël nóg ’n kind in PE tref

Terwyl ’n 20-jarige man Maandag vir die skietdood van ’n sesjarige meisie in die hof sal verskyn, het die polisie in Port Elizabeth met ’n soektog begin na die skieters wat ’n vyfjarige seun in die stad se noordelike voorstede raakgeskiet het.

Jay-Linn Jantjies (6)

Jay-Linn Jantjies (6) is op 23 September voor haar ouerhuis in Kobusweg in die bendegeteisterde Helenvale in Port Elizabeth deur ’n dwaalkoeël in die kop getref. Sy is die afgelope Vrydagaand in die hospitaal dood.

’n Man wat Donderdag in Deverellweg, sowat 450 m van Kobusweg, in verband met Jay-Linn se skietdood aangekeer is, sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Intussen is nog ’n kind Sondagmiddag geskiet. In dié geval is ’n vyfjarige seuntjie omstreeks 17:30 raakgeskiet terwyl twee mans op ’n 35-jarige man in Terblancheweg in Gelvandale geskiet het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê volgens hul inligting het die kind naby die 35-jarige man gestaan toe die skote klap. Die seuntjie is in die maag getref en die man in sy heup.

Die skieters het in ’n wit Hyundai-motor weggejaag.

Naidu sê die motief vir die aanval is nog onduidelik, maar het bygevoeg die 35-jarige man het moontlik bande met ’n bende in die omgewing.

Albei slagoffers is in die hospitaal opgeneem en twee sake van poging tot moord word ondersoek.

Enigeen met inligting kan kol. Mike Grobler by 082 442 1825 bel, of die Gelvandale-polisiekantoor by 041 402 2018. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bendegeweld  |  Hofverskyning  |  Misdaad  |  Sterfgeval  |  Dwaalkoeël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.