Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verdagte in hof ná moord op sakevrou van Upington
Judy Redelinghuys
Judy Redelinghuys (71) Foto: Facebook

’n Man is Woensdag in verband met die moord op die Upingtonse sakevrou Judy Redelinghuys in hegtenis geneem.

Brig. Mohale Ramatseba, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Nkosinathi Ntombela (34) is Woensdag ná ’n vier maande lange ondersoek in hegtenis geneem. Hy het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Upington verskyn.

Redelinghuys (71) se lyk is op 30 Junie omstreeks 13:00 deur haar dogter Leanne Arnon in die swembad by haar huis gekry. Arnon het na haar ma gaan soek omdat sy haar nie telefonies kon bereik nie.

Redelinghuys se hande was agter haar rug vasgebind en sy is na bewering verwurg. Haar handsak, selfoon en van haar juweliersware was weg.

Die moord op Redelinghuys, wat as “tannie Woolies” bekend was, het skokgolwe deur Upington en die omliggende dorpe gestuur.

Sy was van 1993 tot 2012 die eienaar van die Woolworths-franchise in Upington en van 1972 tot 1989 mede-eienaar van die Coca-Cola-botteleringsaanleg.

Sy het ten tyde van haar dood alleen in haar huis gewoon.

Die saak is tot 19 November vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Meer oor:  Upington  |  Moord  |  Verdagte  |  Sakevrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.