Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verdagte in hof ná vrou op plaas vermoor is
Patricia “Paddy” Orpen by ’n vulletjie wat sy hans grootgemaak het. Foto: Verskaf

’n 42-jarige man het Maandag vlugtig vir die moord op Patricia “Paddy” Orpen (78) in die landdroshof in Cradock verskyn.

Themba Sindaphi is Maandag aangekla van moord en motordiefstal. Die saak is tot 6 Julie uitgestel sodat hy om regshulp aansoek kan doen. Hy is in aanhouding.

Ná ’n ondersoek van bykans twee maande het die polisie hom Saterdagoggend in Cradock in hegtenis geneem.

Orpen is op 5 Mei op die plaas Morgenson, sowat 10 km buite die dorp, vermoor. Haar dogter, Jacqui Murray, het op haar lyk afgekom.

Sy het alleen op die plaas gewoon en haar handsak en bakkie het verdwyn.

Haar bakkie is op dieselfde dag in ligte laaie in ’n bos naby die dorp se nywerheidsgebied gevind.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, kon nie Maandag sê of die polisie nog verdagtes soek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.