Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verhoor van Meyer-egpaar uitgestel

Die verhoor van die Meyer-egpaar wat in Julie vanjaar saam met hul twee kinders in ’n gesinstragedie in ’n vakansiehuisie in die Cederberge in die Wes-Kaap dood is, is in die streekhof in Bloemfontein tot volgende maand uitgestel.

Hul medebeskuldigdes, Charl Nico Fredericks (39), ’n werknemer van Absa, Elizabeth Christina Knouwds (47) en Willem Johannes van Tonder (54), was nie Woensdag in die hof nie nadat daar gereël is dat hulle nie hof toe hoef te kom nie.

Die verhoor van aanklagte waarby sowat R46 miljoen betrokke is, sou Woensdag hervat, maar streeklanddros Marina Voges was nie beskikbaar nie omdat sy nog as regter in die hooggeregshof in Bloemfontein waarneem.

Vic de Bruyn het namens die staat gesê hy wag ook nog vir sterftesertifikate van Teresa (48) en Luhan (58) Meyer. Wanneer die verhoor in Oktober hervat, sal dit hanteer word.

Die Meyer-egpaar van Moorreesburg in die Wes-Kaap is saam met die ander drie van altesaam 74 aanklagte van onder meer reusebedrog met die finansiering van vragmotors aangekla.

Luidens die klagstaat het die beweerde misdrywe in Februarie 2008 en November 2010 in Hennenman,

Jacobsdal, Bloemfontein, Welkom en Kimberley plaasgevind.

Die staat het reeds sy saak gesluit en De Bruyn was in hul vorige verskyning besig met Teresa se kruisondervraging.

Herman Kleynhans van Bock & Van Es-prokureurs en Bastiaan Theunissen van SA Regshulp het Woensdag namens die beskuldigdes opgetree.

* Die egpaar se lyke is aan die einde van Julie in ’n afgeleë vakansiehuisie in die Clanwilliam-distrik saam met dié van hul kinders, Lurese (12) en Luhann (10), gevind. Elk het ’n skietwond in die kop gehad. Vermoedelik het een van die volwassenes die skietwerk gedoen. Hul lyke was al besig om te ontbind toe hulle gekry is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.