Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verkeersman 5 j. tronk toe oor R400 se omkoopgeld

’n Verkeersbeampte is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die aanvaarding van omkoopgeld van R400.

Landdros Lionel Lindoor het Woensdag in die handelshof in Port Elizabeth gesê indien die bedrag van die omkoopgeld meer was, sou hy ’n langer termyn tronkstraf opgelê het.

Vuyani Totoyi (44) is aan korrupsie skuldig bevind nadat hy die omkoopgeld in 2014 van ’n motoris in Despatch aanvaar het terwyl hy as ’n verkeersbeampte in Port Elizabeth gewerk het.

Totoyi het die dag van die voorval ’n motoris afgetrek omdat sy sleepwa se bande glad was. Totoyi het vir die motoris gesê hy sal ’n boete uitskryf, óf ’n sogenaamde “spesiale voorafbetaling” aanvaar.

Na my mening is direkte tronkstraf ’n gepaste vonnis. Inteendeel, dit is die enigste geskikte vonnis.
Landdros Lionel Lindoor in sy uitspraak.

Die motoris het ingestem om die omkoopgeld te betaal, maar het nie kontant in sy besit gehad nie. Hy het gesê hy gaan geld by ’n kitsbank onttrek en die verkeersbeampte by die afdraai na Despatch ontmoet.

Nadat die motoris geld onttrek het, het hy die voorval by die Despatch-polisiekantoor aangemeld. Die polisie het die geldnote gemerk en Totoyi so met die omkopery verbind.

Lindoor het gesê Totoyi was in ’n vertrouensposisie en die hof moet ’n sterk boodskap stuur dat dié soort optrede nie geduld sal word nie. Totoyi moet uit die gemeenskap verwyder word, soos deur regspraak vereis word.

“Daar is geen plek in die gemeenskap vir korrupte wetstoepassers wat omgekoop kan word nie.”

Hy het ’n boete vir Totoyi oorweeg, maar gegewe die erns van die saak is ’n boete as straf nie geskik nie. ’n Opgeskorte vonnis sal ook die verkeerde boodskap aan die gemeenskap stuur en korrektiewe toesig is nie ’n opsie nie, het Lindoor gesê.

“Na my mening is direkte tronkstraf ’n gepaste vonnis. Inteendeel, dit is die enigste geskikte vonnis.”

Lindoor het Totoyi ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Zolile Ngqeza, Totoyi se regsverteenwoordiger, het nie onmiddellik instruksies ontvang om verlof tot appèl te vra nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Tronkstraf  |  Omkoopgeld  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.