Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verkeersman bly agter tralies ná beweerde moord

Die verkeersman van Wepener in die Vrystaat wat glo verbind word met die ontvoering van en moord op ’n Chinese sakeman bly tot volgende maand agter tralies nadat sy verhoor Maandag uitgestel is.

Zola James Singaphi het Maandag vlugtig op aanklagte van moord, ontvoering en kaping in die landdroshof in Wepener verskyn.

Sy verhoor is tot 23 April vir verdere ondersoek uitgestel.

Singaphi is ’n paar dae ná die ontvoering van en moord op H. Zang (45), wat ’n winkel in Botshabelo buite Bloemfontein besit het, by sy huis in Wepener in hegtenis geneem nadat die ondersoek glo getoon het dat hy met die voorval verbind word.

Hy het glo onder eed in sy verklaring gelieg oor wat daardie dag gebeur het. Ooggetuies verbind hom glo ook met die voorval.

Singaphi het Zang glo op 3 Maart buite Wepener vir ’n verkeersoortreding van die pad getrek. ’n Voertuig met drie mans het glo by hulle stilgehou en hulle het Zang in Singaphi se teenwoordigheid ontvoer.

Die mans het Singaphi en Zang glo met vuurwapens gedreig, Zang se motorsleutel geëis en die verkeersbeampte se dienspistool gevat. Hulle het daarna glo die sakeman in die kattebak van een van die motors gelaai en met albei motors weggery.

Singaphi is nie beseer nie en het die voorval by die Wepener-polisiekantoor aangemeld.

Zang se lyk is kort daarna met ’n enkele skietwond in die kop op ’n grondpad tussen Smithfield en Wepener gevind.

’n Uitgebrande voertuig is dieselfde dag naby Hobhouse gekry.

Meer oor:  Vrystaat  |  Wepener  |  Chinese Sakeman  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.