Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verkeersman doen bekentenis ná dood van Chinese sakeman

Die verkeersman van Wepener in die Vrystaat wat in die hof verskyn het weens die ontvoering van en moord op ’n Chinese sakeman, het ’n bekentenis oor dié sluipmoord afgelê en ook sy vermeende medepligtiges geïdentifiseer.

Zola James Singaphi is sowat drie dae ná die voorval op Sondag 3 Maart by sy huis in Wepener in hegtenis geneem nadat daar gevind is hy het in sy verklaring gejok.

Sy verhoor is tot 23 April uitgestel en hy bly tot dan in aanhouding.

Brig. Tshokolo Phosholi, hoof van die polisie se provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad, het Maandag bevestig die moord op H. Zang (45), wat ’n winkel in Botshabelo buite Bloemfontein besit het, was ’n beplande sluipmoord.

Singaphi en Zang is glo met vuurwapens gedreig, Zang se motorsleutel geëis en die verkeersbeampte se dienspistool is afgevat.

Hy wou nie Maandag veel oor die voorval of die ondersoek sê, maar het gesê Singaphi het ’n bekentenis afgelê oor sy aandeel in die moord en het ook die ander betrokkenes geïdentifiseer.

“Behalwe vir sy bekentenis het ons ook ooggetuies wat hom met die misdaad verbind. Die ander verdagtes is bekend aan die polisie en ons behoort binnekort nog inhegtenisnemings te maak.

“Ons kyk ook na die motief vir die moord. Ooggetuies sê dit was roof, maar dit lyk na meer as net ’n roof,” sê hy.

Phosholi sê hulle sluit ook nie die moontlikheid uit dat van die ander voorvalle waarin Chinese sakelui in die Vrystaat beroof en vermoor is, met dié moord verbind kan word nie.

Singaphi het Zang glo buite Wepener vir ’n verkeersoortreding van die pad afgetrek. ’n Voertuig met drie mans in het toe by hulle stilgehou en Zang ontvoer het.

Singaphi en Zang is glo met vuurwapens gedreig, Zang se motorsleutel geëis en die verkeersbeampte se dienspistool is afgevat. Hulle het daarna glo die sakeman in die kattebak van een van die motors gelaai en met albei die motors weggery.

Singaphi is nie beseer nie en het die voorval by die Wepener-polisiekantoor aangemeld.

Zang se lyk is kort daarna met ’n enkele skietwond in die kop op ’n grondpad tussen Smithfield en Wepener gevind.

* Chen Jinquan (43), eienaar van H-M Worldmart in Thaba Nchu, is op dieselfde dag as Zang in ’n roof in sy winkel doodgeskiet.

* Op Saterdag 23 Maart is nog ’n sakeman deur misdadigers geteiken toe twee mans hom by ’n verkeerslig in Bloemfontein van ’n groot bedrag geld beroof het.

* Dinsdagoggend 19 Maart is ’n 31-jarige sakeman van Ha-Rasebei, Edenburg, deur twee mans beroof terwyl hy op pad na die varsproduktemark in Bloemfontein was. Twee mans het hom omstreeks 07:30 in Rudolf Greyling-laan, Estoire, van geld beroof.

Meer oor:  Wepener  |  Vrystaat  |  Hof  |  Chinese Sakeman  |  Sluipmoord  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.