Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verkeersman vas wat ‘geld vir rybewyse kry’

Die man aan die stuur van Bredasdorp se lisensietoetssentrum- en voertuigtoetsstasie is Donderdag in die landdroshof in Bredasdorp op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Bernardus “Banana” Januarie (60) is Woensdag in hegtenis geneem en het volgens die polisie op ’n aanklag van bedrog verskyn.

Die ondersoek teen Januarie volg nadat inligting van ’n man ontvang is dat rybewyse by die toetssentrum uitgereik word sonder dat mense getoets is. Januarie het glo geld gekry in ruil vir die rybewyse.

’n Bron by die Kaap-Agulhas-munisipaliteit sê die inligting is nagegaan en Januarie is ná ’n ondersoek in hegtenis geneem.

Luidens ’n e-pos wat Dean O’Neill, die munisipale bestuurder, na kollegas gestuur het, was die munisipaliteit bewus van die ondersoek teen Januarie.

O’Neill het mense ingelig dat die verkeersbeampte in hegtenis geneem is en sê nog soortgelyke klagte kan verwag word omdat nog inligting intussen aan die lig gekom het wat nou ondersoek word.

Hy skryf die munisipaliteit is gesteld op skoon regering en sal sy volle samewerking gee.

Meer oor:  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.