Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verkragter kry 25 j. tronk ná vorige vonnis van 10 j.

’n Man wat minder as twee jaar gelede uit die tronk gekom het nadat hy ’n vonnis van tien jaar uitgedien het, is in die hooggeregshof in Bloemfontein vir 25 jaar terug tronk toe gestuur omdat hy ’n jong vrou verkrag het.

Kgabarekwe Jacob Pacha Segopa (33) van Batho by Bloemfontein is, benewens die 25 jaar, ook vroeër vandeesmaand in die streekhof in die stad tot 20 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy nog ’n vrou verkrag het. Benewens dié vonnisse het hy twee vorige veroordelings weens verkragting.

Regter-president Cagney Musi het nog ’n man, Teboho Jafta Tswiri Thanka (28), ook van Batho, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy dieselfde 19-jarige vrou ook in Februarie verlede jaar by dieselfde geleentheid verkrag het. Thanka het ook vorige veroordelings van roof en aanranding.

Die vrou en van haar vriendinne het saam met Segopa en sy vriende dwelms in ’n huis in Batho gebruik. In die vroeë oggendure is van die mense weg. Segopa en Thanka het die vrou toe gedreig en aangerand en daarna om die beurt verkrag. Sy het ontsnap toe hulle aan die slaap geraak het.

Musi het gesê hoewel die vrou nie liggaamlike beserings oorgehou het nie, kan daar aanvaar word dat sy blywende sielkundige letsels het. Hy het die misdaad as walglik en weersinwekkend beskryf.

Adv. Rudolf Hoffman het aangekla. Peter van der Merwe van Regshulp SA het vir die twee verkragters opgetree.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vonnisoplegging  |  Verkragter  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.