Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Verkragter’ se penis afgesny: Ma ‘spyt oor niks’

’n Ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyfjarige dogter se vermeende verkragter en moordenaar se penis afgesny het, sê sy is oor niks spyt nie.

Noxolo Maneli en haar skoonsuster, Veronica Makwena, Woensdag buite die landdroshof in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Sonder om besonderhede te gee het Veronica Makwena, ma van die vermoorde Chantelle, en Noxolo Maneli (25), haar skoonsuster, Woensdag buite die landdroshof in Port Elizabeth gesê hulle voel nie jammer oor wat met die verdagte gebeur het nie.

Maneli sê sy glo hulle is onregverdig in hegtenis geneem, maar hulle is gereed om verhoor te word.

Makwena en Maneli word saam met Siyabonga Phalati (24), ’n familielid van Maneli, van poging tot moord aangekla.

Adv. Fundile Matoto, hul regsverteenwoordiger, het Woensdag ná afloop van die hofsitting gesê na sy mening behoort die aanklag teen hulle hoogstens aanranding met die doel om ernstig te beseer te wees, eerder as poging tot moord.

Hy sê hy glo sy kliënte sal onskuldig bevind word op aanklag van poging tot moord.

Die staat beweer die drie het ’n man van in sy 20’s in September van Chantelle se moord en verkragting beskuldig en sy penis afgesny. Die besonderhede oor hoe en waar dit gebeur het, is nog nie voor die hof nie.

Na verneem word is die man eers onlangs ná bykans twee maande uit die hospitaal ontslaan.

Die man is glo dieselfde verdagte wat voorheen deur die polisie vir ondervraging oor die voorval in hegtenis geneem is, maar later vrygelaat is terwyl daar op die uitslag van DNS-toetse gewag is.

Chantelle is die aand van 2 Augustus verkrag en toe vermoor. Haar lyk is onder ’n hoop bourommel in ’n vervalle gebou naby haar ouerhuis in die Withoogte- informele nedersetting by Rocklands versteek.

Makwena het Chantelle die betrokke aand in die sorg van ’n vriendin van dieselfde nedersetting gelos terwyl sy ’n familielid in die gebied besoek het.

Dié vriendin se kêrel was ook die aand daar. Hulle het egter begin stry en sy het die huis verlaat, maar die kind het agtergebly.

Makwena sê sy kan goed onthou hoe haar kind se lyk, met wonde aan haar kop, gelyk het.

Die volgende oggend het Makwena by haar vriendin se huis opgedaag om haar kind te gaan haal, maar Chantelle was nêrens te vinde nie.

’n Soektog na Chantelle het etlike ure geduur voordat Masixole Maneli (21), haar pa, op haar lyk in die vervalle gebou afgekom het.

Makwena sê sy kan goed onthou hoe haar kind se lyk, met wonde aan haar kop, gelyk het.

Makwena, Maneli en Phalati is vroeër op borgtog vrygelaat wat met die hulp van gemeenskapslede betaal is.

Phalati is egter steeds in aanhouding vir ’n onverwante saak.

Die saak teen hulle is tot 6 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.

Makwena was Woensdag ook deur lede van die ANC-vroueliga in die hof ondersteun.

Babalwa Putuma, voorsitter, sê hulle sal hul volle steun aan Makwena gee en help waar hulle kan gedurende die verhoor.

Die vroueliga beoog ook om hul 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-program in die Withoogte-gemeenskap af te sluit, om inwoners oor die soort geweld bewus te maak.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Verkragter  |  Poging Tot Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.