Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Verkragter’ van Oos-Vrystaat dán weer in hof

Die vermeende verkragter van ’n vrouestaatsamptenaar (55) van die Oos-Vrystaat was ’n paar keer in haar huis voordat hy haar glo oorval en verkrag het pas nadat sy uit die bad geklim het, blyk dit uit die klagstaat teen hom.

Die man (28) van Fouriesburg het die vrou geken omdat sy verlede jaar in die loop van haar werk met hom te doene gekry het.

Hy moet volgende maand in die rondgaande hooggeregshof in Phuthaditjhaba op vier aanklagte van huisbraak, een van poging tot moord en een van diefstal verskyn.

Een van die aanklagte van huisbraak is met die opset om te verkrag en verkragting.

Kort nadat die sleutel gesteel is, is ’n paar tennistekkies in Augustus uit die huis vermis.

Uit die klagstaat blyk dit hy het sowat ’n maand voor die beweerde verkragting verlede jaar al ’n sleutel gesteel van die plaasopstal waar die vrou in die week alleen gewoon het.

Haar seun het naweke by haar gewoon.

Kort nadat die sleutel gesteel is, is ’n paar tennistekkies in Augustus uit die huis vermis.

Daarna was hy glo weer in die huis en stortseep, skeerseep, Weense worsies, ’n selfoon, ’n tabletrekenaar en twee sleutels was weg.

Ná werk op 12 September verlede jaar het sy haar voordeurslot afgehaal om te laat herstel. Sy het kos in haar oond gesit.

Toe sy terug by die huis kom, was die oond afgeskakel. Sy het die slot teruggesit.

Haar slaapkamersleutel was weg. Sy het toe maar net die deur toegetrek en gaan bad. Die nuwe bottel stortseep was weg.

Luidens die klagstaat was sy in die badkamer besig om haarself af te droog toe die beskuldigde daar inkom.

’n Stoeiery het begin en hy het haar glo gewurg.

Sy het toe gemaak asof sy flou word omdat sy bang was hy gaan haar doodmaak. Toe het hy haar na bewering verkrag.

Toe hy daarna uit die huis is, het sy hulp ontbied.

Toe die hulp opdaag, was die gas van die gasstoof oopgedraai.

Toe die beskuldigde by sy blyplek in Fouriesburg in hegtenis geneem is, is van die vrou se besittings by hom gekry.

Luidens die klagstaat word hy ook met DNS met die verkragting verbind.

* Minder as ’n week voor dié beweerde verkragting is ’n ander vrou wat alleen op ’n plaas in die Oos-Vrystaat gewoon het, Mienie Frost (72) van die plaas Tamboekiesbank buite Bethlehem, na bewering deur ’n voormalige werknemer vermoor.

Ben Sello Moeti (43) van Qwaqwa moet later vanjaar in die hof verskyn nadat hy by ’n vulstasie in Bethlehem met Frost se bakkie aangekeer is.

Haar lyk is in ’n waterafvoerpyp tussen die Utopia-begraafplaas en die skouterrein op die dorp gekry.

Frost, wat alleen met varke op die plaas geboer het, is vermoedelik ingewag toe sy die aand van 6 September verlede jaar tuisgekom het.

Meer oor:  Qwaqwa  |  Fouriesburg  |  Phuthaditjhaba  |  Verkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.