Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verlig oor vonnis; nooit weer lig hy vuis

Twee jaar lank het Francois Byleveldt (20) met die swaard van ’n moordklag oor sy kop geleef nadat hy in 2017 sy kleinneef in ’n kroeggeveg doodgeslaan het.

Francois Byleveldt en sy ma, Petro, is dankbaar dat hy ná ’n lang hofsaak nie tronk toe gaan nie. Foto: Elizabeth Sejake

Die voorval, kort voor die eindeksamen in sy gr. 11-jaar, het sy lewe omgekeer.

By die skool het almal geweet wat hy gedoen het. Party kinders het hom ’n moordenaar genoem. Hy is gedreig, gevloek en verskree.

Tog is hy terug na die skoolbanke van die Hoër Tegniese Skool Sasolburg en het gr. 11 en toe matriek geslaag en as ’n vakleerling begin met opleiding om ’n ketelmaker te word.

Ria Calitz sê sy besoek nooit meer die Okie Dokie-restaurant waar haar kêrel, Wimpie, aangerand is nie. Langs haar is sy seun, Adriaan. Foto: Elizabeth Sejake

Hy is intussen tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis vir die aanranding wat tot Wimpie Koekemoer (30) se dood gelei het, maar tot sy verligting is die vonnis vir vyf jaar opgeskort.

Hy is vroeër onskuldig bevind aan die moordklag.

“Ek is baie dankbaar dat ek nie tronk toe moet gaan nie, maar ek moet sê niks maak dit wat gebeur het beter nie. Mense herken my en skree nog op my as hulle my op straat sien. Ek en my ma kuier deesdae maar net by die huis. Ons gaan nooit meer uit nie,” sê Byleveldt.

Hy is dood: Wimpie Koekemoer.

Op die noodlottige aand het sy ma, Petro (48), eers met Koekemoer baklei. Hulle was albei platejoggies in Vanderbijlpark en het vir karaoke-konserte gespeel. Byleveldt het toe vir Koekemoer drie keer met ’n vuis in sy gesig geslaan. Koekemoer het hard geval en sy kop teen die potspeltafel gestamp. Hy het harsingskudding opgedoen en drie dae later gesterf.

Byleveldt sê hy sal in sy lewe nooit weer aggressief wees nie. “Ek het heeltemal oorreageer,” sê hy.

Meer oor:  Moord  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.